Dit sluit in die 13-jarige Arshdeep Singh se kiekie van ’n douc, ’n krities bedreigde primaat, in ’n lowergroen omgewing; ’n ontnugterende foto van die Amasone wat brand; tot twee nuuskierige buidelrotte in Australië wat snoet wys uit hulle wegkruipplek (nogal in die ablusieblokdak van ’n vakansieoord).

Die kompetisie*, tans in sy 56ste jaar, het vanjaar bykans 50 000 inskrywings ontvang. Die algehele wenners word op 13 Oktober aangekondig – die geleentheid sal dié jaar virtueel geskiet en regstreeks uitgesaai word uit Hintze Hal in die Natural History Museum.

Die top-100 foto’s sal 16 Oktober uitgestal word by die Natural History Museum met ’n internasionale toer wat later volg. 

Is jy ’n ywerige fotograaf? Die 2021-kompetisie maak 19 Oktober 2020 oop.

Lees meer hier: www.nhm.ac.uk/wpy/ 

*Die Natuurfotograaf van die Jaar-kompetisie word ontwikkel en vervaardig deur die Natural History Museum, Londen. 

Kyk hier na van die inskrywings!

Gary Meredith
Gary Meredith/Natuurfotograaf van die Jaar.
Alessandra Meniconzi
Alessandra Meniconzi/Natuurfotograaf van die Jaar.
Makoto Ando
Makoto Ando/Natuurfotograaf van die Jaar.
Hannah Vijayan
Hannah Vijayan/Natuurfotograaf van die Jaar.
Evie Easterbrook
Evie Easterbrook/Natuurfotograaf van die Jaar.
Charlie Hamilton James
Charlie Hamilton James/Natuurfotograaf van die Jaar.
Laurent Ballesta
Laurent Ballesta/Natuurfotograaf van die Jaar.
Quentin Martinez
Quentin Martinez/Natuurfotograaf van die Jaar.
Matthew Maran
Matthew Maran/Natuurfotograaf van die Jaar.
Jose Fragoso
Jose Fragoso/Natuurfotograaf van die Jaar.
Garth Lenz
Garth Lenz/Natuurfotograaf van die Jaar.
Jaime Culebras
Jaime Culebras/Natuurfotograaf van die Jaar.
Thomas P Peschak
Thomas P Peschak/Natuurfotograaf van die Jaar.
Andrea Pozzi
Andrea Pozzi/Natuurfotograaf van die Jaar.
Dhiritiman Mukherjee
Dhiritiman Mukherjee/Natuurfotograaf van die Jaar.