Klik op die pyltjies om deur die hele galery foto's te kyk.

Foto: Elda Brand
Foto: Derrick Coetzer
Foto: Christina Niewoudt
Foto: Christina Niewoudt
Foto: Coreen Kotze
Foto: Coreen Kotze
Foto: Derrick Coetzer
Foto: Stephen Hardcastle
Foto: Elda Brand
Foto: Eve Erasmus
Foto: Jeanette Hardcastle
Foto: Jeanette Hardcastle
Foto: Paul van Zyl
Foto: Rhina Pieterse
Foto: Rob Wright
Foto: Stephen Hardcastle
Foto: Stephen Hardcastle
Foto: Stephen Hardcastle

Die werkswinkel het op die Blesfontein-gasteplaas plaasgevind. Hier was meerkatte, alpakkas, perde en sebras, en natuurlik windpoppe: eindelose fotomateriaal!

Kontak: Blesfontein-gasteplaas; 023 571 2631; 083 444 5810

Ons het boonop heerlik saamgebraai en selfs ’n nagtoer van die sterrehemel geniet. Kom saam, ons maak aan die einde van die jaar weer so! Die besonderhede moet egter nog bevestig word.

Indien jy reeds brand om jou D-SLR-kamera (of jou mik-en-druk!) Sutherland toe te bring, stuur ’n e-pos na digitaal@weg.co.za. Ons sal jou besonderhede hou en nog inligting stuur sodra dit bekend is.


Coreen Kotze, wie die werkswinkel bygewoon het, sê:

Nogmaals baie dankie aan Sam, Sophia & Weg vir hierdie werkwinkels, dat julle julle kennis, inspirasie, liefde en entoesiasme vir fotografie met ons gedeel het.

Dit was een van die mees inspirerende naweke wat ek nog ooit beleef het, saam met ’n wonderlike groep mense wat dieselfde as ek dink, en waar almal hulle ervaring en kennis van fotografie met mekaar deel.

Ek voel beslis geïnspireerd en ek weet met ’n bietjie meer oefening en implementering van dít was ons geleer het, sal my fotografie beslis verbeter.