Weg bied ’n eendagslypskool aan by die mooi Leriba Hotel net buite Pretoria.

Bespreek jou plek vir ’n dag van inspirasie, pret en kreatiwiteit. Saam gaan ons die truuks van reisfotografie bemeester.

Enige kamera – D-SLR of mik-en-druk – is welkom!



Wat is op die spyskaart?


Ons sal aandag gee aan basiese dinge soos komposisie, beligting en raming. Saam kyk ons met elke kursusganger na sy/haar kamera om dit beter te verstaan – ons kyk na elke kameraknoppie om te kyk waarvoor dit gebruik word (jy kry ook notas om huis toe te neem). Kom en leer hoe om die soort foto’s te neem wat op Weg se voorblad verskyn!



Wie bied die kursus aan?


Sam Reinders was van 2011-‘15 Weg se fotoredakteur. Haar passie is om aspirantfotograwe te leer hoe om hulle vaardighede te verbeter en hulle kameras te verstaan. Nog ’n Weg-redaksielid sal ook op dié dag handjie bysit.



Hou in gedagte

 
Een van die beste maniere om beter foto’s te neem is om te leer hoe om jou vaardighede te verbeter. Stuur een van jou foto’s (so groot as wat jy kan) na samreinders@gmail.com wanneer jy bespreek en ons sal dit deur die loop van die dag bespreek. En moenie vergeet om jou kamera saam te bring nie!



Wanneer?

27 Februarie 2016

Die slypskool begin om 9 vm. en eindig om 4.30 nm.



Hoeveel kos dit?

R1650 per persoon.

Dit sluit in * individuele aandag en kursusnotas

* middagete en koffie / tee



Hoe bespreek ek?

Spring gou! Kaartjies verkoop soos soetkoek.

Kontak Donvé Myburgh

* 021 443 9830

* donve.myburgh@media24.com



Aanwysings

Die Leriba-hotel is stapafstand van Centurion se Gautrain-stasie. Kry ’n kaart by www.leriba.co.za