Foto: Reline du Toit.

Reline du Toit

Canon PowerShot G3 X

Toast sê: ’n Hoogtepunt van ’n Botswana-vakansie is ’n 45 minute lange vlug oor die Okavangodelta, wat jy van die Maun-lughawe af kan onderneem. (Dis nie deel van Weg se toerpakket nie; jy betaal ekstra vir die vlug.)

My raad aan mense is altyd om hierdie vlug in die eerste plek net te geniet. Dis dalk jou eerste (en laaste) kans om die delta uit die lug te sien. Dis besonders: Die delta sprei skielik hier onder jou uit soos ’n tuin waaroor vloedwater uitgelaat is.

Kyk fyn, en jy sien dalk kameelperde, olifante en seekoeie raak. Daar’s geen ander plek soos hierdie nie.

Moenie te veel sukkel met jou kamera nie. Dis helder daglig; dus behoort jou kamera sy werk te doen, al sit jy hom op outomaties. Reline se sluiterspoed van 1/500ste van ’n sekonde was vinnig genoeg om enige bewegings-blur van die vibrasie in die vliegtuig teen te werk.

Jy gaan soms die vlerk van die vliegtuig in jou raam kry – jy kan dit altyd later op die rekenaar uitsny as dit jou pla.

Stuur jou beste reis- en natuurfoto's vir ons!
Hoekom?

Ons plaas elke maand ’n keur van lesersfoto’s. Moenie skaam wees nie – krap ’n bietjie daai foto’s uit wat jy op jou rekenaar opgaar en stuur hulle vir ons!

Wat?

Ons hou van omtrent enigiets: natuurlewe, landskappe, portrette, vakansiefoto’s of goggas en blomme in jou tuin.

Hoe?

Stuur jou beste foto’s na menseselense@weg.co.za

 Moenie lêers stuur wat groter as 4 MB is nie – as ons ’n groter weergawe soek, sal ons daarvoor vra. Gee die fotograaf se naam, van, tuisdorp en kontaknommer. Stuur ook inligting oor waar en hoe die foto geneem is en watter toerusting gebruik is. As jy die foto op enige manier gemanipuleer het, vertel ons wat jy gedoen het.

Die fynskrif

Ons behou die reg voor om jou foto’s elders in die tydskrif, op ons webblad of in bemarkingsmateriaal te gebruik. Lees die bepalings en voorwaardes by www.netwerk24.com/weg/

Lus om saam te toer?

Leer beter foto's neem in Botswana

Wil jy ook foto’s soos hierdie neem? Kom saam op Weg se 11 dae lange fototoer deur Botswana – een van ons joernaliste ry saam en help jou om die beste uit jou kameratoerusting (enige modelle welkom!) te kry.

Jy ry jou eie kar, maar toer saam met ’n gesoute gids en sy span wat die lewe vir jou makliker maak oral waar jy gaan: Hulle maak die kos én jou tent word vir jou op- en afgeslaan.

Tussendeur kom jy by plekke soos die Mahango-wildreservaat (Namibië), Chobe- nasionale park (Botswana) en Victoriawaterval (Zimbabwe) waar jy vakansiefoto’s gaan neem wat almal by die huis op hol gaan hê.

Datums vir 2018: 15-25 Maart en 15-25 Julie.

Besprekings: 044 535 0065; info@mpafa.com

Volg Weg op Instagram @menseselense - merk jou foto's #menseselense en ons plaas dit dalk daar! Ons sustertydskrif go! is @gomagsa.


Kyk hier na die res van die maand se lesersfoto's.