Waar kom die naam vandaan? Wel, ons moet die Thaise mark daarvoor bedank. Die 2000-model Isuzu-bakkie is met dié naam daar bekend gestel.

Die D was met verwysing na die hoofligte wat soos die oë van ’n draak in die neus gepronk het. Die witjasse het daarna verwys as die “dragon-eye flush headlamp design”.

Die letter het ook verwys na die motorvervaardiger se vaardigheid wat betref die ontwikkeling van dieselenjins met direkte inspuiting.

En die “Max”? Dit het verband gehou met die maatskappy se sogenaamde maksimum-benadering tot ontwerp, grootte, betroubaarheid, gemak en die verskeidenheid van sy reeks voertuie.

Duursame voorkoms. Die D-Max se binneruim is aansienlik opgeknap en spog nou met sagte panele en ’n smaakvolle swart afwerking met chroominlegwerk. ’n Raakskerm van 8” vervang die KB se 6,5”-weergawe, maar ’n 9”- Alpine-inligting-en-vermaak­stelsel is opsioneel beskikbaar. Dit sluit in satellietnavigasie, ’n AM/FM-radio, Bluetooth en USB-sokke, en selfs ’n plek om ’n HDMI-kabel in te prop.

Goed, dis nie die kreatiefste naam wat ons nog teëgekom het nie, maar dit is, met Suid-Afrika die enigste uitsondering, sinoniem met die Isuzu-handelsnaam. Dit is natuurlik ’n enorme waagstuk om die naam van ’n beproefde en vertroude produk te verander, en daarom het Isuzu moeite gedoen om in ander afdelings die sokkies op te trek.

Hy het ook nog ’n paar modelle bekend gestel, wat die algehele reeks nou op 30 voertuie te staan bring. Ons het die duurste model in die reeks onder hande geneem: die D-Max 300 4x4 LX, ’n dubbelkajuitbakkie wat met ’n sesspoed- outomatiese ratkas toegerus is.

Maar hy lyk amper dieselfde?

Dit is omdat hy eintlik presies dieselfde lyk as voorheen. Die ontwerpers het wel genoeg subtiele veranderinge aangebring dat ’n mens seker daarna kan verwys as ’n matige ontrimpeling. Dit is die duidelikste te bespeur op die LX-modelle. Voorlangs het die sierrooster ’n bietjie meer chroom en die kante is gevorm dat dit amper soos slagtande lyk en vir ’n aggressiewer voorkoms sorg.

Die 3 l-enjin is beslis nie lui nie, en teen 1 400 r.p.m. bult hy behoorlik sy spiere. Hy is wel effens raserig.

Waar die chroomstroke voorheen op die binnerand van die misligte se omhulsel was, is dit nou na die buitekant geskuif. Die chroomstrook op die boonste lip van die bi-LED-koplig (met LED-dagryligte) is meer opmerklik.

Heelwat nuwer binne

Dis nou maar wors dat jou motor sagte panele moet hê as jy enigsins die pyp wil rook in die boonste deel van ’n marksegment. Dit is presies wat Isuzu met die D-Max gedoen het. Hier is geen onooglike dun plastiekdele te bespeur nie, en selfs die harder dele voel sterker, asof dit nie vir baie kilometers op grondpad sal skrik nie.

Die D-Max-naam word ook met ’n kontrasterende plaatjie op die boonste paneelkissie vertoon en regdeur die binneruim is die afwerking in smaakvolle swart met chroominlegwerk.

Nog ’n merkbare verskil is die 8”-raakskerm wat die 6.5”-weergawe in die D-Max se voorganger vervang. As dit egter binne jou vermoë is, kies eerder die 9”-Alpine-inligting-en-vermaakstelsel. Dit sluit in satellietnavigasie, ’n AM/FM-radio, Bluetooth en USB-sokke, en selfs ’n plek om ’n HDMI-kabel in te prop.

Padlangs...

Die 3 l-enjin is beslis nie lui nie, en teen 1 400 r.p.m. bult hy behoorlik sy spiere. Hy is wel effens raserig, maar dis iets wat eintlik nog altyd eie aan Isuzu was. Die dieselgeraas is nie regtig hoorbaar as jy op die ooppad ry nie.

Ons het ’n handratmodel ook bestuur en dié ratkas, met sy ellelange ratgange en ’n koppelaar wat traag vasgryp, voel effens oudmodies en stram, maar die sesspoedratkas in die outomatiese modelle wissel moeiteloos.

Wanneer jy jou toere hoog moet hou wanneer jy byvoorbeeld ’n swaar woonwa bult-op sleep, kan jy die rathefboom na jou toe trek om af te rat.

... en grondpadlangs

Ons kon in dele van die Krugerwildtuin gaan ry waar ander voertuie nie toegelaat word nie, en al was ons meestal op grondpaaie, was daar nie veel van ’n uitdaging om die D-Max se veldryvermoë te toets nie. Ons sal dus nog ’n bietjie moet wag voor ons hom behoorlik onder hande neem. Ons het wel ’n kans gekry om viertrek in te haak (jy doen dit sommer in die ry deur die knop langs die ratkierie te draai).

Laaste sê

plek vir almal. Die D-Max is nommerpas vir die hele gesin. Daar is Isofix-ankerpunte op die agtersitplekke en die dubbele paneelkissie is ’n goeie manier om waarde­volle items weg te bêre. Die  enjin jaag nie juis die wêreld aan die brand nie, maar hy is voorspelbaar en betroubaar. En dít is eienskappe wat in die plaaslike mark hoog op prys gestel word.

Ons roep die KB nie regtig vaarwel nie, want hy het ons nie verlaat nie. Die D-Max is eerder die evolusie van ’n groot gunsteling. Veldry-geesdriftiges sal ook bly wees om te hoor Isuzu het met 4x4 Mega World saamgespan en ’n reeks namarkse bybehore goedgekeur. Dit sluit Old Man Emu-vering, ARB-bosbrekers en Front Runner-dakrakke in. Jy kan dit by enige Isuzu-handelaar laat aanbring sonder dat dit jou waarborg raak. En daarvoor salueer ons die D-Max!

SPESIFIKASIES

Model getoets D-Max 300 LX 4x4 (dubbelkajuit, outomaties)

Enjin 3 l-viersilinder-turbodiesel

Krag 130 kW @ 3 600 r.p.m.

Wringkrag 320 Nm @ 1 800 r.p.m.

Ratkas 6 spoed-outomaties

Brandstofverbruik 7,8 l/100 km

Tenk 80 l

Grondvryhoogte 220 mm

Nader- en vertrekhoek 30º en 22,7º

Waaddiepte 600 mm

Tarragewig 2 100 kg

Waarborg 5 jaar/120 000 km

Diensplan 5 jaar/90 000 km

Prys R606 400