Dié woonwabouer het ná vele navrae drie modelle beskikbaar gestel vir die huurmark: die Boabab, Miskruier en Boskriek. Die eerste twee het plek vir 4 mense en die Boskriek vir 2.

Dit kos R1 450 p.d. om die Boabab vir korter as 10 dae te huur (vir ’n langer tydperk is die tarief R1 350 p.d.). Die ander twee modelle kos albei R1 100 (R1 000 vir langer as 10 dae. (’n Verpligte versekeringspremie van R130 p.d. vir die Boabab en R100 vir die ander twee modelle is uitgesluit.)

Die waens se papierwerk is agtermekaar as jy dalk verder as net in Suid-Afrika wil toer en die grens wil oorsteek. Vir die Boabab moet jou sleepvoertuig se tarragewig minstens 1,8 t wees en 1,5 t vir die ander twee waens.

Kontak

021 870 1277/38; adel@bushlapa.com; bushlapa.com