Volgens Philip de Vries, besturende direkteur, is die nuwe waens hiperluuks, maar hy wil nog nie te veel verklap oor die materiale wat hulle gaan gebruik nie.

Philip sê wel hulle wyk af van die gebruiklike staal-en-aluminiumromp, en die nuwe materiaal is ’n ingevoerde nie-metaal wat lig en uiters sterk is. Omdat die materiaal wit is, sal dít ook die kleur van die waens wees.

Die beste nuus is dat Conqueror danksy dié materiaal daaraan werk om die waens ’n lewenslange waarborg te gee. Drie van die vier modelle in die nuwe reeks is gemik op gesinne van vier, met die heel kleinste een wat vir twee mense ingerig word. Die grootste een van die lot gaan ’n dubbelaswa wees.

Al die waens kry onafhanklike vering.

Conqueror
Conqueror
Conqueror
Conqueror

Die twee kleiner modelle se deur sit in die agterste paneel en die groter waens s’n in die wa se linkerpaneel. As sake volgens plan verloop, sal die eerste modelle oor minder as twee maande by die Kamp & Bestemmingskou (voorheen die Beeld-vakansieskou) bekend gestel word.

Tans word ’n groot deel van Conqueror se waens na Australië en Amerika uitgevoer, en die nuwelinge sal ook vir dié markte bestem wees.

Kontak  016 349 6531;  info@conqueror.co.za;  conqueror.co.za


Lees al die nuusbrokkies wat in ons Desember-uitgawe verskyn hier.