Die veranderings is subtiel: Die hoofligte het nou ’n LED-kring, die sierrooster se vertikale sparre is dunner, en die buffer het ligte wat bedags skyn.

Agterlangs is die remligte gestileer om effens soos jerrykanne te lyk.

Die nuwe Jeep Renegade word aangedryf deur ’n 1,0 l- driesilinderenjin (90 kW) en 1,3 l-viersilinderenjin (112-134 kW), albei petrol.

Amerika kry glo ’n 1,6 l-petrol- en 2,0 l-turbodieselenjin. Die Renegade – die kleinste voertuig in die Jeep-stal – word in Italië vervaardig.