Die Mini Countryman is pas in Europa ontrimpel en behoort teen die einde van die jaar in Suid-Afrika op te daag. Die nuweling spog met ’n nuwe sierrooster, ligte en allooiwielvellings. Volgens gerugte gaan Mini ophou om dieselenjins in te span, maar ons weet nie of dit ook vir Suid-Afrika geld nie.

Mini Countryman
Mini Countryman

Hyundai het ’n Limited Edition-weergawe van sy Venue in Korea bekend gestel. Die beperkte weergawes van die Venue is reeds op pad na Suid-Afrika, en hoewel daar nie ’n amptelike verklaring van Hyundai Suid-Afrika is nie, weet ons hy gaan buitelangs met nuwe kleure spog.

Hyundai Venue
Hyundai Venue

Volkswagen het uiteindelik bevestig dat sy volgende bakkie op Ford se Ranger gegrond gaan wees. Die maatskappy het in Maart ’n skets vrygestel wat aansienlik anders lyk as Ford se aanbod, maar die onderstel sal glo dieselfde wees. Die bakkie sal amptelik in 2022 onthul word.

Ford in Europa het pas die Ranger Thunder gekry. Dit is ’n verwerking van ons eie Wildtrak en word in Ford Suid-Afrika se Silverton-aanleg buite Pretoria gebou. Daar bestaan tans geen planne om die Thunder in Suid-Afrika te verkoop nie – tensy daar aanvraag is.

Ford Ranger
Ford Ranger
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. 

Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook