Volgens Megan MacDonald, hoofskakelpersoon by Suzuki Suid-Afrika, is die plan om hom voor Kersfees op ons paaie te kry.

Die nuwe Jimny se bakwerk is vierkantiger as sy onmiddellike voorganger en herinner sterk aan die tweede geslag Jimny, plaaslik bekend as die SJ of Samurai. Binnelangs is die nuwe Jimny aansieklik opgeknap met splinternuwe instrumentasie en ’n 7”-raakskerm.

Die Jimny word deur ’n 1,2 l-petrol- en 1,0 l-turbopetrolenjin aangedryf, maar dit is tans onbekend of albei na Suid-Afrika kom.

Pryse is ook nog nie bekend gemaak nie, maar hy behoort iewers tussen ’n Suzuki Ignis en ’n Vitara te val. 


Lees nog nuusbrokkies uit ons Augustus-uitgawe hier.