Met kraglewering van 440 kW teen 6 250 r.p.m. en 730 Nm wringkrag teen 2 250-5 000 r.p.m. versnel die Levante Trofeo binne 3,9 s van 0-100 km/h en sy topspoed is meer as 300 km/h.

Die Trofeo so onderstel moes versterk word om die indrukwekkende kraglewering baas te raak, en die standaardwielvellings is vervang met 22”- gesmede aluminiumvellings.

Boonop, sê Tim Kuniskis, hoof van Maserati, die ingenieurs en ontwerpers in Modena moes seker maak die asse is in staat om die enjinkrag te hanteer.

“Hulle het geweet hulle het toegang tot die beste enjins ter wêreld, en daarom kon hulle die beste sportnutsvoertuig bou – een van die vinnigstes daarby.”

Teen druktyd was daar nog geen amptelike bekendstellingsdatum vir die Levante Trofeo in Suid-Afrika nie.


Lees nog nuusbrokkies uit ons Junie-uitgawe hier.