Takealot.com het alles wat jy nodig het. Hier is 10 lekker produkte wat ons raakgeklik het. 

1. Dometic CF 50 Kompressoryskas-en-isolasie-oortreksel

Die Dometic CF 50 werk met byna enige kragnetwerk (12, 24, 100 of 240 volt, sowel as met sonkrag). Die yskas (wat tot -18 grade Celsius kan bereik) word met sy eie isolasie-oortreksel verkoop, wat vier sysakkies het. Die draadmandjie binne en handvatsels buite kan verwyder word.

Kapasiteit: 48 liter
Afmetings: 63cm x 36cm x 48cm
Gewig: 23 kg
Prys: R6 999 (afgemerk van R10 999)

2. SnoMaster-ysmaker van vlekvrye staal (15 kg)

Of jy nou vis moet verpak, ysblokkies vir jou koelhouer nodig het of net ’n blokkie in jou drankie wil gooi, ’n ysmaker is ’n handige ding op vakansie. Hierdie een is skaars groter as ’n broodblik en liggenoeg dat kleinboet hom uit die kar kan dra. Met SnoMaster weet jy jy koop gehalte. 

Afmetings: 43 cm x 35,5 cm x 41,5cm
Gewig: 15 kg
Prys: R2 949 (afgemerk vanaf R3499) 

3. SnoMaster se draagbare yskas-vrieskas (80 liter)

Jy huil net een keer in jou lewe oor braaivleis wat sleg geraak het in die son, en dan besluit jy nóóit weer sukkel jy sonder ’n kampyskas nie. SnoMaster se 80 liter-yskas het ’n dop van vlekvrye staal, en een groot kompartement met drie los mandjies aan die binnekant. Die temperatuur kan koordloos verstel word. 

Afmetings: 715 mm x 450 mm x 600 mm
Gewig: 34 kg
Prys: R9999 (afgemerk vanaf R10 999) 

4. SnoMaster se yskas-vrieskas met dubbelkompartement (56 liter)

Hy is dalk ’n aks kleiner as sy ouboet hierbo, maar die 56 liter-model het twee kompartemente van 30 liter en 26 liter elk, waarvan jy die temperature afsonderlik kan stel. Jy kan dus dieselfde toestel as ’n yskas én ’n vrieskas gebruik. Die yskas-vrieskas het ’n afstandbeheer, digitale termostaat en drie los mandjies. 

Afmetings: 71,5cm x 45cm x 52,5cm
Gewig: 33 kg
Prys: R9999 (afgemerk vanaf R11 399)

5. Intex Classic Downy-Queen Grootte Lugmatras

Slaap soos ’n droom op vakansie. Die Intex-lugmatras weeg min, verskaf ekstra ondersteuning en pas in ’n drasak. Die matras staan sowat 23 cm hoog en die ingeboude kussing so 33 cm. 

Afmetings: 152 x 203 x 23 cm
Prys: R449 (afgemerk vanaf R640)

6. Coleman Octagon (agthoekige tent)

Slaap 8

Met die agthoekige Coleman-tent kan jy die natuur in al die rigtings dophou. Die net-binnekant van die tent kan afsonderlik opgeslaan word as ’n skuiling, of kan binne die tent gebruik word om goggas en muskiete uit te hou. Die tent het sy eie drasak.
Afmetings: 87 cm x 31,8 cm x 31,1 cm
Vloeroppervlak: 15,7m²
Gewig: 20,7 kg
Prys: R4499 (afgemerk vanaf R4999)

7. Coleman Sundome Tent (slaap 6)

Hierdie Coleman is ontwerp om maklik op te slaan en die reën uit te hou. Binne is daar genoeg plek vir twee koningingrootte kampmatrasse. Die tent kom in sy eie drasak. 

Afmetings: 304.8cm x 304.8cm x 182.8 cm
Gewig: 7,5 kg
Prys: R1 699  (afgemerk vanaf R1 799)

8. Coleman Event Shelter Gazebo

Hierdie gazebo het ’n groter ouboet, maar ons dink hierdie een is groot genoeg vir die strand of vir ’n woonwavakansie. Die gazebo bied UV-beskerming van 50+ en kom in sy eie drasak.

Afmetings: 365 cm (L) x 365 cm (L) x 218 cm (H)
Vloeroppervlak: 13,32 m2
Weeg: 17 kg
Prys: R2 799 (afgemerk vanaf R2 999)

9. Meerkat Best Buy Chair

Die sleutel tot ’n lekker vakansie is ’n lekker stoel! Hierdie een van Meerkat kan tot 150 kg dra en het ’n houer vir jou blikkie of glas, plus ’n ekstra sakkie waar jy jou uitgawe van Weg kan bêre. 

Afmetings: 62 cm x 50 cm x 100 cm
Gewig: 4 kg
Prys: R599 (afgemerk vanaf R799)

10. OZtrail Fast Frame Cruiser 450 Cabin (slaap 10)

Hierdie tent is vir die ouens wat keelvol is daarvoor om soos sardientjies in die tent ingeryg te wees. Hierdie OzMan is ’n meneer! Die seil is van 150D-skeurtrae materiaal (“ripstop”) en is met UVTex behandel om jou koel en droog te hou in warm en vogtige toestande. Die vloer het skottelontwerp om dit waterdig op die grond te hou.

Afmetings: 450 cm x 300 cm x 195 cm
Gewig: 22,6 kg
Prys: R5 499 (afgemerk vanaf R6 999)