Al sê jou Hartjie-My-Liefie hóéveel keer hy of sy “glo nie eintlik in Valentynsdag nie”, verwag hulle steeds ’n geskenk op 14 Februarie. Ons het 14 dinge by Takealot.com gaan uitsoek wat op jou voorstoep afgelewer kan word, net sodat jy nie Dinsdagaand die laaste bossie verlepte blomme hoef te gryp nie. Ons weet ons lesers is fieterjasielose mense, daarom het ons geskenke uitgesoek wat langer as ’n dag ’n wenner sal wees. 

Om jou 10%-afslag op te eis, gebruik die kode WEG10 wanneer jy betaal. Die kode geld tot 16 Februarie 2018 (vir die laatslapers) en kan slegs een keer per persoon gebruik word. Die kode geld slegs vir die 14 items hieronder gelys. Bepalings en voorwaardes geld: www.takealot.com/help/promotional-codes-tcs


1. Fnuik die boewe

’n Mens kry baie kamerasakke, maar kyk net dié sak se slim ontwerp om lang vingers van jou duur kamera weg te hou – jy rits dit in die kompartement teen jou rug toe.

Die buitesak kan gebruik word vir ’n baadjie en toebroodjie sodat jy nie ’n kamerasak én ’n rugsak hoef te dra nie. Daar is ook ’n gleuf vir jou skootrekenaar as jy dit in die kajuit op ’n vliegtuig wil neem. 

2. Die troefkaart

Glo my, as jy nié ’n ekstra kaart in jou kamerasak het nie, gaan jy dit nodig kry. #BleddieMurphy

Te onromanties? Skryf dié boodskap vir Valentynsdag: “Ek het geweet jy gaan ’n Valentynsdagkaartjie in die laai laat lê, daarom het ek liewer vir jou ’n kaart gekoop wat jy kan gebruik – ’n kámerakaart!”

3. En . . . aksie

Dink net hoe jaloers gaan jou vriende wees as jy wilde diere van naby kan afneem met hierdie vangstrikkamera. En teen hierdie prys sal dit nie die einde van die wêreld wees as die luiperd dit óók as ’n speelding gebruik nie. 

4. Altyd ’n wenner

Jy kry net twee soort mans … Dié wat ’n Leatherman het, en dié wat skimp om een geskenk te kry. Hierdie model is sterk genoeg dat Junior dit eendag kan erf. 

5. Wilder as die wildtuin

As jy gestrand raak iewers, gaan die wilde wragtig in jou lewe hierdie mesmoertang nodig kry.  

6. Hou die reën dop

Terwyl die hele land die wolke dophou vir reën, is hierdie ’n lekker geskenk vir die natuurliefhebber in jou lewe. Dit vervang daai omgekeerde-Coke-bottel-kontrêpsie in die tuin wat nooit akkuraat was nie.  

7. Koeler as ’n komkommer 

’n Koelboks is net so noodsaaklik vir jou vakansie as ’n rol witgoud. Dié een is so taai soos ’n Karoo-boer, en takelot is een van die min plekke waar jy hierdie model kan bestel. 

8. Die wenner van die veelsydigheidsprys

Hier is ’n bottel wat drinkgoed tot 12 uur kan warm hou, en tot 24 uur yskoud. Hierdie een is prakties genoeg vir die rugsak in die berg, en mooi genoeg dat sy dit kantoor toe sal wil neem.

9. Te pienk?

As die pienk skynsel te erg was vir jou, is hier een in ’n besadigde grys.  

10. Vir die lig in jou lewe

Dis nie net ’n praktiese geskenk vir ’n kampeerder nie, maar ook vir veldlopers (“trail runners”). Dié een is lig op jou kop én jou sak. 

11. Plek vir nóg

Jy kan nogal heelwat in ’n 50 liter-sak geprop kry, en hierdie een is taai genoeg om die Bosveld én Boeta se rugbytoer te oorleef.  

12. Sit tot jy lê

’n Kampstoel wat ook ’n leunstoel is – vir daai luilekker kuier om die swembad by Goudini. 

13. Die lekkerste lê van jou lewe

Die Bosveld, ’n boom, ’n boek ... en hierdie hangmat. Zzzzzzzz. Jy sal die Valentyn van die Jaar wees.

14. Die pad na die hart

Laat ons nou nie seksistiese aanmerkings maak oor die pad na ’n mán se hart nie. ’n Vrou sal ewe beïndruk wees as die jafel in haar lewe vir haar ’n jaffel met hierdie pannetjie maak. Mmmm. Braaibroodjies, enigiemand?