1. Desert Camp en Desert Quiver Camp 

Kampeer by Sossusvlei of geniet ’n bietjie meer luuksheid met hierdie unieke selfsorgoorde.Ervaar die ongerepte betowering van die Namib-woestyn vanaf die gerieflike selfsorgverblyf by Desert Camp en Desert Quiver Camp. 

Desert Camp
Desert Camp

Elke selfsorgeenheid is toegerus met ’n badkamer, slaapbank vir kinders, ’n onderdakstoep, klein kombuisie en braaiplek. Daar is ook ’n swembad en ’n kroeg vir ontspanning en vars produkte kan daagliks by Ontvangs bestel word vir aflewering teen skemer – net betyds vir ’n lekker braai. 

Die heerlikste buffet-etes kan ook by die nabygeleë Sossusvlei Lodge geniet word. En vir diegene wat eerder lus is om tent op te slaan is ons Sossus Oasis-kampeerplek net om die draai.

Vir verblyf by Sossusvlei: 021 930 4564 | wegbreek@desertcamp.com |desertcamp.com/weg.html

2. Etosha Village 

Bly net buite Etosha – slegs 2 km vanaf die Okaukuejo-ingang na die Park bied Etosha Village die ideale bestemming vir kampeerders en diegene wat ’n bietjie meer gerief soek. 

Etosha Village-kampterrein
Etosha Village-kampterrein
Etosha Village-kampterrein
Etosha Village-kampterrein

Die verblyfeenhede het elkeen ’n badkamer met ’n stort, lugversorging, klein yskassie met geriewe vir koffie en tee, ’n stoepie, ruim slaapkamer, asook ’n slaapbank wat geskik is vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar. Smul aan die wye verskeidenheid geregte wat voorgesit word tydens die gewilde buffet-etes by Etosha Village, ontspan langs die verfrissende swembad, snuffel vir aandenkings by die winkeltjie of geniet ’n drankie in die kroeg, waar daar ook ’n televisie is – ideaal vir die sportentoesiaste. 

Die individuele kampeerterreine by Etosha Village beskik oor kragpunte, lopende water, ligte, braaiplekke, opwasgeriewe en private ablusiegeriewe.

Kontak ons vir verblyf by Etosha: 021 930 4564

E-pos: wegbreek@etosha-village.com | etosha-village.com/weg.html

3. Brandberg-ruskamp, Uis

Ervaar Damaraland in bekostigbare weelde. Hier is verbyfopsies vir amal se voorkeure, van kamers reg langs die swembad tot kamp onder die sterre. Klik op die Bookings/Rates-skakel vir die pryse van die verskillende verblyfopsies.

By die eenhede langs die swembad kan jy kies tussen enkel- en dubbelbeddens, met enkelbeddens vir twee tot vier mense met muskietnette en en suite-stort-en-toilet, lugverkoeling, ’n USB-kragpunt en geriewe om koffie en tee te maak. 

Brandberg-ruskamp
Brandberg-ruskamp

Die vyf selfsorgeenhede het twee slaapkamers en ses beddens met muskietnette (twee beddens is in die leefvertrek), lugverkoeling, ’n USB-kragpunt. Die kombuis is ten volle toegerus met ’n stoof, yskas, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware. Daar is ook onderdakparkering in ’n motorhuis en ’n private tuin met braaigeriewe. Koffie en tee word verskaf. 

Die safaritente het óf twee óf drie beddens met ’n waaier en ’n kragpunt met plek vir tweepunt- en driepuntproppe asook ’n USB-konneksie. In die gemeenskaplike ablusieblok is storte met warm water.

Tel: 00264 64 504038

E-pos: brandberg@africaonline.com.na | www.brandbergrestcamp.com

4. Spar Hentiesbaai 

Die Spar op Henties bestaan al vir 24 jaar en is destyds begin deur Willie de Jager en Daleen en Johan Agenbag. Die De Jager- en Agenbag-kinders, Corné, Sue-Ellen en Karel, is tans besig om die leisels by die ouer gare oor te neem. 

Dit is van die laaste groot winkels as jy op pad Damaraland toe is waar jy alles onder een dak kan kry, insluitend vleis, groente en vars brood daagliks. Daar is ook ’n wye reeks droë produkte beskikbaar, en natuurlik roosters, hout en houtskool vir vanaand se braai.

Spar Hentiesbaai
Spar Hentiesbaai
Spar Hentiesbaai
Spar Hentiesbaai

Benewens jou laaste inkopies doen voor jy die woestyn gaan ontdek, kan jy ook aansit vir ’n lekker koppie boeretroos in hul unieke koffiewinkel in ’n kombi! Hulle kan ook groter groepe en toerbusse wat op pad is woestyn toe, vir ontbyt of middagete akkommodeer. En wanneer die kraaie gaap, is die draairoomys en yskoue koeldranke baie welkome verligting. 

By die Spar op Hentiesbaai gaan die personeel waarlik uit hul pad om jou kuier so gemaklik moontlik te maak.Tel: 00264 64 500 130

5. Rapmund Hotel Pension, Swakopmund

Hotel Rapmund is in 1968 deur Rapmund-familie gestig en word sedertdien deur hulle bestuur. Die hotel bied 25 standaard-kamers, waarvan 10 ’n uitsig oor die see het, en drie luukse kamers met ’n see-uitsig. Soggens kan gaste aansit vir hul stewige “Duitse styl”-ontbyt met ’n lieflike uitsig oor die see en die heerlike “gemuetlicher” atmosfeer.

Rapmund Hotel Pension
Rapmund Hotel Pension

Die ligging is absoluut ideaal – dit is net twee minute se stap na die hoofstrand toe en die middedorp is reg om die draai. Daar kan jy na hartelus rondsnuffel in die winkels, aansit vir ’n lafenis by een van die restaurante of koffiewinkels en jou verkyk aan Swakopmund se beeldskone argitektuur.

Dié oulike klein hotel wat deur die eienaar self bestuur word, bied vriendelike personeel en persoonlike diens en geen moeite ontsien word om te verseker jy geniet ’n onvergeetlike kuier op dié prentjiemooi dorp nie. 

Tel: 00264 64 402035 | E-pos: rapmund@iafrica.com.na | www.hotelpensionrapmund.com

6. Lagoon-chalets & -kampterrein, Walvisbaai

Hier is die ideale plek vir reisigers om te ontspan en die Namibiese kus op hul eie tyd te verken, want die oord is stapafstand van die bekende Walvisbaai-strandmeer.

Daar is kamers vir rugsakreisigers en kampplekke wat netjies in stand gehou word, met storte met warm water en ’n gedeelde ablusieblok – alles en skoon en mooi. Jy kan kies tussen ’n kampplek op plaveisel of kamp op sand. Dan is daar ook ’n verskeidenheid selfsorgchalets met plek vir van twee tot agt mense.

Lagoon-chalets
Lagoon-chalets
Lagoon-chalets
Lagoon-chalets

By die restaurant/koffiewinkel op die perseel kan die grootmense ontspan terwyl die kleinspan in die lieflike speelparkie buite baljaar. 

Aktiwiteite in die omgewing sluit in visvang, bootritte, vierwielfietsry en branderplank ry. Donkiebaai se branders is baie gewild onder branderplankryers.

Tel: 00264 64 217 900 | E-pos: info@lagoonchaletswb.com

7. Stampriet-gastehuis, Stampriet

Hier kan jy uitsien na ’n kristalhelder swembad, ’n groot, ten volle toegeruste kroeg, veilige parkering, Wi-Fi, ’n klimraam vir die kinders, ’n groot lapa met ’n pragtige rietdak en groot groen grasperke.

Die indrukwekkende klipgeboue, insluitend die kamers, het ’n tydlose gevoel en elke kamer is keurig versier met geskiedkundige artefakte. Die ontbyte, middagetes, gebak en aandetes sal jou mond behoorlik laat water.

Stampriet-gastehuis
Stampriet-gastehuis
Stampriet-gastehuis
Stampriet-gastehuis

Geniet die gemak van hul en suite-kamers (dubbelbed, enkelbeddens of vir gesinne) wat met antieke stukke versier is en lugverkoeling het, en jou eie stoepie waar jy kan sit en uitkyk oor die pragtige tuin – ideaal om agteroor te sit met ’n lekker boek. 

Daar is altesaam 10 kamers beskikbaar. Rook is verbode in al die kamers – ’n wetlike vereiste van die plaaslike regering.Stampriet is ’n klein dorpie aan die oewer van die Auobrivier. Geleë by die ingang na die Kalahari-woestyn, is die historiese Stampriet-gastehuis die ideale oorslaapplek vir toergroepe wat op pad is na die Mata Mata-hek, Kgalagadi-oorgrenspark en die suide van Namibië.

Die gasvroue Petro Hayman en Irene Zondagh wag om jou te onthaal.

Tel: +264 63 260013 | Sel: +264 81 2447 448/1299 380 | E-pos: stamprietguesthouse@gmail.com | www.stamprietguesthouse.com

8. Closwa-biltongfabriek, Okahandja

Vir meer as 40 jaar lank al sit die Closwa-biltongfabriek in die hartjie van Namibië. Dit is hier waar die doringbome en oop vlaktes die ideale omgewing bied om wilds- en beesbiltong van hoë gehalte te maak. Met dekades se ondervinding en beproefde resepte kan jy die ongerepte natuur in hul produkte proe. 

Closwa-biltongfabriek
Closwa-biltongfabriek

Besoek enige van die Closwa-biltongwinkels vir ’n groot verskeidenheid van droë, gerookte en vars vleisprodukte – hulle het fabriekswinkels in Okahandja, Windhoek, Tsumeb en Swakopmund. Hul gehalte-produkte is ook by Engen Biltong Bars, vulstasies en supermarkte landwyd beskikbaar. 

Tel: 00264 62 501123 | www.closwa.com

9. Hentiesbaai-toerismevereniging, Hentiesbaai

As jy jouself kan voorstel dat jy op die voorstoep van die hemel speel en net een plek kan noem, sal talle mense beslis Hentiesbaai op die heel eerste trappie skryf. Hentiesbaai, Kwêla se Dorp van die Jaar in 2016, is al lankal nie meer net ’n dorpie waar die manne een keer per jaar kom visvang nie. Nee, dit het met die voltooiing van die teerpad tussen Henties en Swakop ’n volwaardige dorp geword.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Hentiesbaai
Hentiesbaai

Hier tree jy nou aan, en nie af nie. Deur die jaar is dit spitstyd en die hekke na die Skedelkuspark, Damaraland, Messumkrater en selfs die Spitzkoppe loop deur Hentiesbaai.Die Hentiesbaai-toerismevereniging bied jaarliks die Hentiesfees aan as hoogtepunt om fondse te genereer ten bate van die dorp en sy inwoners.

Vanjaar vind hierdie geleentheid plaas op 23 en 24 Augustus. Besoek gerus die Hentiesfees se Facebookblad vir meer inligting en kontakbesonderhede.

10. Goanikontes-oase

Hierdie asemrowende oord en kamp is geleë in die maanlandskap van Namibië, tussen die Namib Naukluft en Dorob Nasionale Parke. Die oase word omring deur die unieke maanlandskap en die bekende, eeue oue Welwitchia-plante groei sommer daar naby.

Goanikontes-oase
Goanikontes-oase
Goanikontes-oase
Goanikontes-oase

Bring ’n paar dae by die sonnige oase deur en geniet die natuur, sonskyn en al die ongelooflike natuurwonders in die omgewing. Verblyf is in gemaklike rondawels of skaduryke kampplekke met hul eie braaiplekke. Daar is ’n restaurant op die perseel wat ontbyt, middagete en die heerlikste gebak op die spyskaart het.

Koel af in die groot, natuurlike swembad of ontdek die staproetes wat jou na die fassinerende bergformasies neem vanwaar jy kan uitkyk oor die beeldskone Goanikontes-oase en omgewing. Voëlkykers kan hulle verlustig aan die verskeidenheid helderkleurige voëls in die omgewing.

Gaan ervaar dié spesiale atmosfeer, wat boonop gerieflik geleë is – dit is net 30 minute se ry na Swakopmund en 50 minute tot op Walvisbaai.

Tel: 00264 64 405976/405979 | E-pos: info@goanikontesoasis.com | www.goanikontesoasis.com

11. Namib se vallei van ’n duisend heuwels

Die Namib’s Valley-oord lê in die Namib op ’n hoogland met ’n panoramiese uitsig oor die Guab-vallei en is sentraal geleë – 186 km van Windhoek, 177 km van Walvisbaai en 165 km van Sossusvlei. 

Namib se vallei van ’n duisend heuwels
Namib se vallei van ’n duisend heuwels
Namib se vallei van ’n duisend heuwels
Namib se vallei van ’n duisend heuwels

Aktiwiteite sluit stap- en 4x4-roetes in. Daar is baie wild aangesien die meeste van die diere vry rondloop in die Namib-Naukluftpark-natuurreservaat. Daar is ’n “trap na die hemel” vanwaar ’n mens die kolkgate kan sien wat oor duisende jare heen deur beperkte reënval gevorm is. Namib’s Valley is ook naby aan vyf van die prominente passe in Namibië geleë.

Verblyf bestaan uit ses huisies met ’n waarlik weelderige atmosfeer wat gekombineer is met ’n moderne Afrika-afwerking. Al hierdie eenhede is strategies geplaas om die asemrowende tonele ten beste te benut en tog ’n sterk sin vir privaatheid te skep.

Hierdie eenhede word gekomplementeer deur die hooflodge, wat bestaan uit ’n restaurant, kroeg en panoramiese oorloopswembad. Die hoofgebou het ook twee en suite-kamers. Benewens hierdie verblyfeenhede is daar drie kampeerplekke, elk met sy eie ablusiegeriewe.

Tel: 00264 81382 2720 | E-pos: info@namibsvalley.com | www.namibsvalley.com

12. Sun Karros Lifestyle Safaris

Van die golwende duine van die Doodsvallei tot die dawerende oseaan by die Dorop Nasionale Park, sekere ervaringe kan jy net met Sun Karros Adventure Safaris beleef, die enigste private reeks luukse kampeerplekke en verblyfplek in drie van Namibië se bekende nasionale parke.

Sun Karros Lifestyle Safaris
Sun Karros Lifestyle Safaris
Sun Karros Lifestyle Safaris
Sun Karros Lifestyle Safaris

Raak aan die slaap met die simfonie van wild in die agtergrond, terwyl jy die gemak van ’n weelderige, wêreldklas-lodge geniet. Of bring jou eie tent en span uit in ons luukse kampterrein, waar elke kampplek sy eie ablusiegeriewe en klein kombuisie het.

Swakopmund-kampeerplek: Windpomp 14, geleë in die Dorob Nasionale Park, 25 km buite Swakopmund op die C24-pad na die Skedelkus.

Tel: 00264 83 7004 414 | camp@windpomp14.com

Windhoek-kampeerplek: geleë in die Daan Viljoen Nasionale Park, 20 km buite Windhoek op die C28-pad na die Namib-woestyn en kusgebiede. Tel: 00264 83 3232 393, reservations@sunkarros.com

Sossusvlei-kampeerplek: Sesriem, geleë by die Namib Naukluft Park-hek, die ingang na Sossusvlei op die D826-pad.

Tel: 00264 83 3232 393, reservations@sunkarros.com

Sun Karros Lifestyle Safaris
Sun Karros Lifestyle Safaris

13. Beach Lodge & The Wreck Restaurant, Swakopmund

Jy kan nie nader aan die see kom nie! Geniet die manjifieke uitsig oor die see vanaf elke kamer, luister na die golwe en ruik die vars seebries. Beach Lodge is 5 km van die middedorp geleë en bied 19 kamers met verskillende slaapplek-opsies en is die ideale huis weg van die huis vir die individuele reisiger, families en korporatiewe reisigers.

Beach Lodge
Beach Lodge
Beach Lodge
Beach Lodge

Die ligging, argitektuur, atmosfeer en diens sal ’n groot indruk op jou maak. Dit is ook die perfekte toevlugsoord vir wittebroodspaartjies. Die oord het ’n weelderige, moderne restaurant met sitplek vir 74 besoekers, asook ’n gerieflike kroeg. Die spyskaart bied ’n verskeidenheid geregte van seekos en beesvleis tot varkvleis en wild. Daar is ook geregte vir vegetariërs en diegene wat die Banting-leefstyl volg.

Om elke maaltyd te komplementeer, het The Wreck ’n uitstekende wynlys met ’n heerlike reeks goeie wyne.

Tel: 00264 64 414500, reservations@beachlodge.com.na, www.beachlodge.com.na | Tel: 00264 64 414528, res@the-wreck.com, www.the-wreck.com

14. Dunesong Breathers, naby Koës

Hierdie oord in die Kalahari-gebied van Namibië bied selfsorgchalets en kampeerplekke.

Stephanie Meyer, wat hier tuisgegaan het, het die volgende dankiesê-brief geskryf ná hul besoek: “Ons wil graag baie dankie sê vir die voorreg om in jul pragtige chalets te kon tuisgaan!

Dunesong Breathers
Dunesong Breathers

Dit was verreweg die beste plek waar ons oorgebly het tydens ons reis deur Namibië. Ek kon maklik vir altyd daar bly. Die dekor en styl van die chalets is eenvoudig asemrowend, die kos wat julle voorgesit het was uitstekend, en jul gasvryheid uit die boeke.

Ek kan nie uitgepraat raak oor watter wonderlike plek julle het nie – dit is ’n ware juweel!

“Weereens baie dankie en ek hoop ons sal eendag weer daar ’n draai kan kom maak.”

Tel: 00264 81 1220175 ¦ 00264 81 7776333 | E-pos: dunesong.nell1@gmail.com | www.dunesong.net