In die Noord-Kaap is die plekke vér uit mekaar. Of jy nou gaan blomme kyk in die Namakwa- nasionale park of tydens jou Junievakansie Namibië verken, is die N7 jou enigste roete en dis ’n láng pad. Jy wil eintlik maar net voet in die hoek sit en slegs stil hou om die tenk weer vol te maak. Maar dan is ’n pastei by ’n vulstasie jou voorland en daai sooibrand is onnodig. 

Trek volgende keer af by die Garies-toeristestal vir ’n hamburger of ’n hoenderschnitzel.

Die Stal is onmiddellik op regterhand wanneer jy Garies se Hoofstraat binnery. Hier kry jy van ingelegde vrugte en koffie tot kombuisware en klere. 

Waar? Draai van die N7 af na Garies toe, en draai links in die Hoofstraat. Jy sal die Stal sommer pad af raaksien.

GPS S30.558660, E17.989653