Ná ’n lang dag op die pad stop ek honger en dors by Toeka. Ek was kinderlik gelukkig toe die kelner vra of ek ’n groot koppie koffie (R30) met ’n kelkie kondensmelk wil hê. Die biefburger (R75) is ook nie te versmaai nie.

Die Toeka se dae-padstal is ’n instelling in dié geweste. Dis eintlik meer as net ’n padstal – dis ’n restaurant en ’n soort museum met allerhande ou dinge wat rondstaan of uit die dak hang: Mercedes-wieldoppe, ou straattekens, lanterns, geroeste blikborde... 

Ek was kinderlik gelukkig toe die kelner vra of ek ’n groot koppie koffie (R30) met ’n kelkie kondensmelk wil hê.

Die plaasstal langs die restaurant verkoop alles wat ’n goeie padstal moet hê: beskuit, konfyt, varsgebakte brood, koekies, te veel ingelegde kossoorte om te noem, blatjang, rissiesouse, houthorlosies, “Bly kalm ons gaan nou braai”-voorskote, drankflessies met ’n sopiemetertjie, ’n gevlegde Mosesmandjie van riet, kleurryke koelsakke en nog wat.

Hoe ry ek? Die padstal is sowat 9 km oos van Bela-Bela op die R516.

Oop: Winkel: elke dag 8 vm.-5 nm.; restaurant: gesluit op Dinsdae; ander dae oop van 8 vm.-4 nm.

Kontak: 082 445 5019;  toekasedae.co.za