Die nuweling sal 190 kW en 580 Nm uitskop – aansienlik meer as die vorige 165 kW en 550 Nm.

Dié kragsyfer is soortgelyk aan die Mercedes s’n, maar wringkragsgewys het die Volkswagen 30 Nm meer. Daar is ook gerugte dat Volkswagen die 190 kW-Aventura Exclusive-konsep gaan gebruik om die Merc gas te gee.

Ons sal moet wag om te sien wat Suid-Afrikaners hoër ag: die ekstra wringkrag van die Amarok of Mercedes se laestrekratkas en meganiese eenvoud?

En hoe gaan Volkswagen reageer as Mercedes ’n AMG-bakkie bou? 


Lees nog nuusbrokkies uit ons Junie-uitgawe hier.