Dit lyk omtrent of die eienaar, Fanie Botha, sy standaard-Armadillo horisontaal middeldeur gesny het. Inderdaad, sê Fanie, is die Lite op die standaard-Armadillo se onderstel gebou.

Eko Veld Gear het aanvanklik as kappievervaardiger begin sake doen wat onder meer ook abbawaens vir bakkies bou. Hiervoor het hulle ’n slim oopslaanmeganisme gebruik om die slaapplek se dak te lig. Dieselfde meganisme is nou op die Lite te sien. Toegeslaan is die wa skaars borshoogte en die dak maak in twee stappe oop.

Eerstens lig jy die dak aan die agterkant tot dit regop is. Dan stap jy om en lig die dak aan die voorkant en siedaar, die Lite is opgeslaan. By albei is daar gasstutte wat hand bysit. Die buitekombuis is soos gebruiklik in die linkerkant van die wa. Die deur sit ook links, maar op die punt by die stert.

’n Rak op ’n glyraam trek links voor uit die romp waarop ’n eenplaatgasstoof en die ys-vrieskas staan. Net regs hiervan, bo die linkerwiel, slaan ’n werkblad plat met ’n kas agter dit in die romp (met twee rakke). Binne die kas is ’n 220 V-prop. In die regterpaneel, in die kas regoor die uitglykombuis, is die gasgeiser in die deur vasgesit.

Die dubbelbed sit na links soos jy inklim. Die helfte van die bed slaan vorentoe op, wat dan plek maak vir ’n bankie links en regs voor die opgevoude bed. Die tarragewig behoort in die omgewing van 800 kg te wees en die BVM 1 200 kg. Die prys is nog nie finaal vasgestel nie, maar Fanie sê dit behoort rondom R170 000 te wees.

Kontak  021 981 5999 of 082 898 4339; info@ekoveldgear.co.zaekoveldgear.co.za

Armadillo
Armadillo
Armadillo
Armadillo
Armadillo
Armadillo

Lees al die nuusbrokkies wat in ons Januarie-uitgawe verskyn hier.