Skakel gerus die oord van jou keuse of bespreek aanlyn. Die oordpersoneel sal steeds met die “nuwe normaal” streef om te verseker dat alle gaste hulle vakansie ten volle geniet en lekker kan ontspan.

Die oorde is geleë in sommige van die mooiste dele van ons land en omring deur kulturele juwele, erfenisterreine en ander opwindende toeriste-aantreklikhede. Die ATKV se gasvryheid is ongeëwenaard.

Van die Bosveldlandskap wat ATKV-Eiland Spa, ATKV-Klein-Kariba en ATKV-Buffelspoort jou bied, tot die berge wat uittroon bo ATKV-Drakensville, die son, see en saffier van ATKV-Natalia en ATKV-Hartenbos en die bekorende wingerde om ATKV-Goudini Spa, bied elke oord iets besonders.

Waarvoor wag jy? 

Jou gunsteling-huis-weg-van-die-huis wag op jou aankoms, en streef daarna om ? veilige en skoon omgewing te bied. Die oordpersoneel het verlang na die knetterende braaivleisvure, stomend warm swembaddens, kinders op hul fietse en roomys om die swembad, en is dankbaar om gaste weer met ope arms – of eerder met ? elmbooggroet – by die oord te verwelkom.

Jou gunsteling-huis-weg-van-die-huis wag op jou aankoms

ATKV-personeel bly gefokus op die instandhouding van die kritiese aspekte van ’n oord, die beskerming van alle geriewe en die beplanning en inwerkingstelling van aksies om sodoende na die welstand, gesondheid en veiligheid van die gaste om te sien.

ATKV-oorde sien uit na gaste se besoek en sien uit om hulle te bederf met ’n leeftyd se onvergeetlike vakansieherinneringe.

Lees gerus meer oor ATKV-oorde se gesondheids- en veiligheidsprotokol by www.atkvoorde.co.za/covid-19-protokol.

Wegkom was nog nooit so maklik nie. Kom skop jou skoene uit en geniet die somerson saam met jou geliefdes.

Bespreek hiér: www.atkvoorde.co.za/bespreek