Hier is ’n paar pretfeite:

15 000

Die getal noorkapperwalvisse wêreldwyd.


6 000

Soveel walvisse beweeg deur Suid-Afrikaanse waters.


2 300

Die getal herkenbare volwasse walvisse wat die instituut oor die afgelope 39 jaar aangeteken en by sy databasis gevoeg het.


131

Die aantal walviskoeie met kalfies wat in Augustus 2019 tussen Hawston en Witsand gesien is.


60

Die geskatte aantal dragtige walviskoeie wat oorleef het toe jag op dié spesie in 1935 verbied is.


6,5

Die persentasie waarteen die noorkapperwalvisbevolking jaarliks wêreldwyd groei danksy bewaringsgebiede aan die kuslyne van Suid-Afrika, Australië en Suid-Amerika. 


Bron: up.ac.za