Kaapse Natuurbewaring bied gratis toegang tot sy natuurreservate van 16-22 September, terwyl Sanparke aangekondig het dat hulle dié jaar parkeweek uitgestel het tot 16-20 November.

“Ons het parkeweek uitgestel na November weens vlak 2-regulasies wat die aantal besoekers binne openbare ruimtes beperk,” sê Fundisile Mketeni, die hoof- uitvoerende beampte van Sanparke.  “Ons het ook ekstra veiligheidsmaatreëls in plek gestel om die aantal besoekers te beheer om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.”

Tydens parkeweek sal alle Suid-Afrikaanse burgers die kans hê om gratis ons nasionale parke te besoek, behalwe die Namakwa- nasionale park, die Boulders-pikkewynkolonie en die sweefspoor in die Tafelberg- nasionale park. Gratis toegang sluit nie gratis verblyf of aktiwiteite in nie. 

Die volgende natuurreservate by Kaapse Natuurbewaring bied gratis toegang in September – enige natuurreservaat waar die hek oop is vir die publiek. Tydens dié week is daar geen bewaringstariewe nie, en jy kan ook gratis stap en fietsry. 

Weskus: Groot-Winterhoek-wildernisgebied, Sederberg-wildernisgebied, Matjiesrivier- en Rocherpan-natuurreservaat

Wynlande: Limietberg-, Jonkershoek-, Assegaaibosch-, Hottentots-Holland- en Vrolijkheid-natuurreservaat

Overberg: Kogelberg-, De Mond-, De Hoop-, Marloth- en Grootvadersbosch-natuurreservaatTuinroete: Robberg-, Keurboomsrivier- en Goukamma-natuurreservaat

Klein-Karoo: Swartberg- en Gamkaberg-natuurreservaat

Jy hoef slegs op te daag by die hek om gratis in te gaan – die aanbod geld nie vir aanlynbesprekings of besprekings deur die dienssentrum nie. Geen voorafbesprekings is nodig nie. Die Walvisroete, asook gebiede wat binne konsessies val, is nie ingesluit nie. Die aanbod sluit nie gratis verblyf in nie.

Kogelberg
Kogelberg-natuurreservaat