Weg het onlangs sy vlerke gesprei om ’n webwerf, WegReis, op die been te bring waar jy jou vakansies deur ons kan bespreek. In Suid-Afrika sowel as oorsee.

Dis ’n vennootskap wat ons met Travelcheck gesluit het. As jy wegreis.co.za besoek, kan jy die soekenjin gebruik om die pryse van vliegkaartjies en hotelverblyf met mekaar te vergelyk om die beste opsie te vind. As jy skrikkerig is om jou kredietkaartbesonderhede op die internet in te vul, kan jy jou kontakbesonderhede invul, en iemand van WegReis gaan jou met die betaling help. In Afrikaans!

WegReis beding ook in samewerking met Travelcheck spesiale pakkette na binnelandse en buitelandse bestemmings wat jy ook op die webwerf kan bespreek. Dit sal gewoonlik iets wees soos ’n retoervliegkaartjie na New York en vyf nagte se verblyf teen ’n vasgestelde prys. Of na Etosha of die Krugerwildtuin.

Teken in vir die nuusbrief en kry 'n koeponkode!

Teken in vir WegReis se nuusbrief, met reisnuus en spesiale aanbiedings, en jy kry koeponkodes* vir jou volgende vlug: R150 afslag op jou volgende plaaslike bespreking, en R750 afslag op jou volgende internasionale bespreking. Hoe kry jy die kodes? Teken in, en jy sal 'n e-pos ontvang met die kodes! Die kodes sal ook verskyn in alle nuusbriewe tot einde Maart 2020.

*Geldig tot 31 Maart 2020

Teken hier in

Soos met die nuusbriewe van Weg en Weg! Ry & Sleep, sal ons nooit jou besonderhede aan derdeparty-kliënte voorsien nie. Ons is baie opgewonde oor die maande en jare wat voorlê. Nou gaan ons éérs reis!

wegreis.co.za
wegreis.co.za