Helga is ook die skrywer van die veldgids Wild Flowers of the Roggeveld and Tanqua en werk in die week vanuit Calvinia.  

Waar is die beste blomkykkolle?

Die R355-grondpad tussen Ceres en Calvinia en die Tankwa-Karoo- nasionale park het in goeie jare massas blomme.

Sutherland is in die Roggeveldberg. Hierdie hoërliggende gebied ontvang jaarliks heelwat meer reën as die Tankwa en jy is gewoonlik meer verseker van blomme.

Wat is ’n lekker roete om te ry? 

Ry ’n sirkelroete van Ceres af met die R355 en deur die Tankwa-Karoo- nasionale park. Ry op met die Gannagapas deur Middelpos en dan op die R345 na Sutherland. Draai vóór Sutherland af op die Bo-Visrivierpad en ry weer met die Oubergpas af tot in die Tankwa.

Wat is ’n lekker dagplan? 

Ry met die R355 tussen Ceres en Calvinia of ry Sutherland toe en verken die paaie in die omgewing.

En as ek vir ’n naweek kom? 

Ry die sirkelroete, maar slaap oor op Sutherland of in die park. Dis die beste om so kuier-kuier te ry.

NUTTIGE NOMMERS

ONS SOEK JOU BLOMFOTO'S
Die foto hier bo is in 2016 geneem. Het jy 'n foto van hoe die blomkykkol nou lyk? Stuur jou blomfoto’s na digitaal@weg.co.za!

* Hierdie artikel het oorspronklik in Weg #141 (Julie 2016) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon sedertdien verander het - laat weet gerus as jy so iets raaksien.