Die Bloutrein het op 1 September oopgemaak vir groepbesprekings. Die volledige diens heropen op 1 November. 

“Ons is opgewonde om ons diens stadig oop te maak ná die aankondiging van vlak 2-regulasies – ons het streng gesondheidsmaatreëls in plek gestel om te verseker ons gaste voel veilig op die Bloutrein,” sê Vincent Monyake, die uitvoerende hoof van die Bloutrein.

Vanaf 1 September kan jy bespreek vir enige roete om jou groep se behoeftes te pas. Die Bloutrein kan ook sy geriewe aanpas vir sakekonferensies en spesiale geleenthede.

Daar is ’n aantal beplande roetes en reisprogramme wat beskikbaar is, soos ’n rit van Pretoria na die Krugerwildtuin (insluitend ’n wildrit).

Lees meer oor die roetes en koste per groep hiér.

Besprekings kan gemaak word by 012 334 8459.  

Die Bloutrein
Die Bloutrein
Die Bloutrein
Die Bloutrein
Die Bloutrein
Die Bloutrein


Weg-redaksielede het laasjaar as gaste van die Bloutrein gereis om te vertel wat jy van so ’n luukse uitstappie kan verwag. Lees meer hier.