Die Pezulu Tree House Lodge is ’n klein maar eksklusiewe blyplek in die wildryke deel van Limpopo. Die lodge is net 40 minute van die Kruger se Orpenhek af; en ’n mens kan maklik daguitstappies na die park onderneem.

Al die blyplekke is in gemaklike boomhuise en ver genoeg uit mekaar vir privaatheid. Elke eenheid is rondom ’n boomtop gebou sodat die natuurlike omgewing nie versteur word nie. Uit jou boomhuis het jy ’n onbelemmerde uitsig oor die bosveld en sy diere. 

pezula
So lyk jou uitsig

Verskeie aktiwiteite word in en rondom die lodge aangebied – van begeleide bosuitstappies tot nagwildritte. Las ’n paar dae aan jou vakansie en jy kan die Panaramaroete verken, of een van die Groot Vyf-reservate in die omgewing. 


Vir meer inligting, kontak 015 893 2724/ 083 294 7831 of e-pos info@pezulu.co.za

www.pezulu.co.za

Pezulu Tree House Lodge
Pezulu Tree House Lodge
pezula
Gaan op 'n wildrit