Dié werklikheidsreeks het immers al sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde gevind. Oor die afgelope 12 reekse, het 17 paartjies, wat deur Boer Soek ’n Vrou ontmoet het, al getrou.

En, nou soek kykNET 2020 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die dertiende seisoen.

Die nuwe aanbieder, Marciel Hopkins, glo dat Boer Soek ’n Vrou ’n lewensveranderende ervaring vir boere kan wees.

Marciel Hopkins

“Dit is ’n geleentheid wat nie baie mense in hul leeftyd sal kry nie, want boere gaan mense ontmoet wat hulle nooit andersins sou nie en die mooiste van alles is dat een van hulle moontlik jou lewensmaat kan wees,” sê sy.

“Die proses is ’n lekker uitdading om iets buite jou gemaksone te doen, maar dit gaan ook jou hart laat vinniger klop, vir jou selfvertroue gee en jou bemagtig in die proses.”

Boere kan op die volgende maniere inskryf:

Belangrike inligting:

  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 21 Maart 2020 bereik.
  • Die tien gekose boere sal teen 19 April 2020 in kennis gestel word.
  • Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankonding oor 2020 se top-tien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
  • Die dertiende reeks sal van Oktober op kykNET uitgesaai word.