Kom na die Olifantsrivier Lodge van 28 tot 30 Junie 2019 vir River Rhapsodies, ’n naweek van klassieke musiek. Die musiek word verskaf deur die maestro dr. Richard Cock, die hoog aangeskrewe Johannesburg Festival Orchestra en die sanger Timothy Moloi.

Die naweek bestaan uit vier klassieke konserte wat oor twee dae aangebied word. Die konserte is ’n mengsel van klassieke meesterstukke en ’n tikkie jazz deur die Charl du Plessis-trio. In die namiddag word ’n interessante gesprek deur ’n musiekkenner aangebied, en voor elke konsert sal dr. Richard ’n inleiding tot die konsert gee.

Die venue is die skilderagtige Olifants River Lodge op die oewer van die Olifantsrivier. Hierdie semi-bosveldparadys is naby Middelburg, slegs twee uur buite Johannesburg en Pretoria, en minder as drie uur vanaf Nelspruit. Tussen konserte is daar hope om te doen: Gaan stap of ry fiets in die natuur, kyk voëls, hengel, speel vlugbal of swem in een van die verhitte of kouewaterswembaddens. Hierdie is die perfekte wegbreeknaweek vir gesinne of vir groepe vriende.   

Olifants River Lodge
Olifants River Lodge
Luister na musiek in die Bosveld!
Luister na musiek in die Bosveld!

Minimum 150 mense.

Datum:

28 tot 30 Junie 2019. Dit begin die Vrydagnamiddag, en eindig die Sondagnamiddag.

Waar:

Olifants River Lodge. Jy kry aanwysings en detail wanneer jy bespreek.

Koste (BTW ingesluit)

Verblyfopsies:

Villa met slaapplek vir vier: twee slaapkamers, twee badkamers, kombuis, leefvertrek: R5 500 per persoon wat deel (vier mense)

Villa met slaapplek vir ses: drie slaapkamers, twee badkamers, kombuis, leefvertrek: R5 450 per persoon wat deel (ses mense)

Cabana – slaap twee tot vier mense: Dubbelbed en twee enkelbeddens op die oopplansolder (geskik vir kinders en ratse volwassenes), badkamer en kombuis. R5 350 per volwassene wat deel. Kinders jonger as 12: R1 035 elk. Kinders 12 tot 18 jaar: R1 660 elk.

Houthut – slaap twee tot vier mense: ’n dubbelbed en ’n stapelbed vir kinders, badkamer en basiese kombuisgeriewe: R5 100 per volwassene wat deel. Kinders jonger as 12 jaar oud: R1 035 elk. Kinders 12 tot 18 jaar: R1 660 elk.

Woonwa- en kampeerplekke (almal met kragpunte). Die kampterrein het vier ablusieblokke met warm water. Bring jou eie kampgoed: R3 200 per persoon. Kinders onder 12 jaar R600 elk. Kinders 12 to 18 jaar R850 elk.

Prys sluit in: Verblyf, etes op albei aande, en alle musiekkonserte en -praatjies gedurende die naweek. Ontbyt en middagetes is uitgesluit. Jy kan óf in die lodge se restaurant eet óf jou selfsorggeriewe gebruik en jou eie etes berei.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf


Bespreek by kim@montybrett.com of 082 824 9378

Lees meer op www.montybrett.com