Dit is ’n groot gunsteling onder gesinne, wat sê hulle sal beslis weer kom en ander aanraai om hier te kom uitspan. Die oord het ’n pragtige uitsig oor die see. Wat is dan nou lekkerder as om in die wintermaande met ’n boek op te krul met die oseaan in die agtergrond?

Foto: Verskaf

Die wild- en voëllewe is ongelooflik. Snags kan ’n mens die sterre sien en luister na die klank van die branders wat breek. Die skilderagtige ligging is binne loopafstand van twee restaurante wat ’n unieke eetervaring en verruklike skemerkelkies bied.

Die strand, net ’n klipgooi ver, is perfek vir ontspanning en oefening. Jy kan strand langs van Brenton on Sea tot by Buffelsbaai stap, so 4,54 km, en die pragtige omgewing inneem. Fisherman’s Walk is fenomenaal, veral met die uitsig oor dolfyne en walvisse wat sommer naby aan die kus baljaar.

Brenton on Sea
Foto: Verskaf
Brenton on Sea
Foto: Verskaf

Hierdie vierster-selfsorgoord het ’n verskeidenheid verblyfopsies wat ideaal is vir paartjies, gesinne en groepe.

Die eenhede is onberispelik en daar is daaglikse skoonmaakdienste vir jou gerief. Uitstekende fasiliteite, groot, groen speel-en-braaiplek met ’n swembad. Kom skop dus jou skoene uit en herlaai daardie moeë batterye.

Brenton on Sea
Foto: Verskaf
Brenton on Sea
Foto: Verskaf
Brenton on Sea
Foto: Verskaf
Brenton on Sea
Foto: Verskaf
Brenton on Sea
Foto: Verskaf

Die verblyf sluit selfsorg-chalets, selfsorghutte en ’n rolstoelvriendelike chalet in. Die chalets het drie slaapkamers, twee badkamers, ’n sitkamer en ’n ten volle toegeruste kombuis. Chalets kan onderskeidelik twee tot drie en vier tot ses gaste akkommodeer.

Die gesellige houthutte vir paartjies het ’n slaapkamer, en suite-badkamer met ’n stort, selfsorgkombuis en balkon. Die oord is ideaal vir trougaste, familie-reünies en toergroepe en het ’n kapasiteit van 92 gaste.

Brenton on Sea
Foto: Verskaf

Komberse, bedlinne en badhanddoeke word voorsien, en alle eenhede het ondervloerse verhitting, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Daar is tee- en koffiegeriewe vir die eerste nag verskaf.

Daar is ’n platskermtelevisie met 20 DStv-kanale. ’n Strykyster en strykplank is beskikbaar in die chalets, ’n opslaanbababed met beddegoed is op aanvraag beskikbaar en daar is ’n gemeenskaplike waskamer vir wasgoed op die perseel – munte beskikbaar by ontvangs.

Die oord het ’n buitelugswembad, braaigeriewe en parkering in die skadu. ’n Kafee vir noodsaaklikhede en die Nautical South-restaurant is albei binne stapafstand van die strand. Die naaste supermark is net 20 minute se ry ver.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Dit is die perfekte veilige blyplek waarvandaan jy die skatte van die Tuinroete kan verken. Ons vertrou dat jy jou verblyf by ons sal geniet. Kinders kuier verskriklik lekker hier.

SPESIALE AANBIEDINGE 2019/2020

20% Winter-aanbod: 7 Julie - 31 Augustus 2019

10% Somer-aanbod: 1 September - 5 Desember 2019

10% Somer-aanbod: 11 Januarie - 9 April 2020

10% Somer-aanbod: 14 April - 10 Mei 2020

10% Winter-aanbod: 11 Mei - 31 Augustus 2020

10% Somer-aanbod: 1 September - 5 Desember 2020

KONTAK

E-pos: reservations@brentononsea.net

Telefoon: +27 44 381 0081/2/3

www.brentononsea.net

Brenton on Sea
Foto: Verskaf