Die Bull Run is een van daai ikoniese byeenkomste wat jy nooit regtig sal verstaan as jy nog nie saam op die pan gestaan en stof gevreet het nie. Kry jou ondersteunerskaartjie hier!
Dis ’n petrolgedrewe-partytjie met ’n V8 en ‘n lekker raserige uitlaatstelsel waar mans en vrouens weer hulle tienerbrein kan asem gee om te droom dat hulle weer 16 jaar oud is, vir die naweek pa se karsleutels gekry het, en niemand is by die huis nie... Daai Cortina MOET ge-rev word.
Datum: 26 – 29 November
Waar? Vanwyksvlei, Noord-Kaap
Kyk hier na die video van die 2019 Bull Run:
Geborg: Outdoor Warehouse, Pro Auto Rubber, Northern Cape Tourism
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET