Ná ’n draai in Mosambiek is die laaste haakplekke uitgestryk, onder meer die aluminiumwatertenk wat met ’n 125 l-plastiektenk vervang is omdat die aluminium gekraak het. Die wa se onderstel word van gegalvaniseerde staal gebou, terwyl die res van die romp hoofsaaklik uit aluminium bestaan.

Die Bundu X het aan albei kante net voor die wiel ’n deur – die regterkantse een maak oop na die badkamer. ’n Gasgeiser is in die deur se binnekant gemonteer en ’n los storthokkie slaan hier op. Die linkerdeur is die hoofdeur.

Bundu X
Bundu X
Bundu X

As jy inklim en na agter kyk, is die dubbelbed links teen die paneel met ’n groot laai wat onder die bed uittrek. Die buitekombuis beslaan byna die hele linkerpaneel. Hier slaan twee groot deure plat om as werkblad te dien. Die blaaie hang aan kabels en die tweeplaatgasstoof is op die linkerkantste een gemonteer. Die kaste agter in die romp het rakkies vir al jou breekware en kruideniersware.

Die ys-vrieskas trek uit ’n kas tussen die deur en die A-raam uit – as hy teruggestoot is, kan jy die yskas ook van binne af gebruik. Voor, bo die neuskas, is ’n plat boks teen die skuinste vasgesit waarin ’n opslaantafel pas.

’n Afdakkie span van die op- wipdak af oor die kombuisgedeelte, en bo-op die dak is ’n 160 W-sonpaneel. Die Bundu X is vir twee mense en pas in ’n standaardmotorhuis. Die syfers 5 (l) x 1,8 (b) x 2,1 m (h); tarragewig 690 kg; dravermoë 910 kg; BVM 1,8 t met ’n 1,8 t-as.

Prys Ongeveer R300 000 (die prys is nog nie finaal vasgestel nie).

Kontak  079 735 4313;  bundutrailer@lantic.netbundutrailers.com


Lees al die nuusbrokkies wat in ons Januarie-uitgawe verskyn hier.