Hy word oor die volgende paar maande in die besige strate van Beijing getoets, en as hy dáár slaag, kom hy Suid-Afrika toe.

Volgens Tao Li, woordvoerder van BAIC, is die Suid-Afrikaanse regering lugtig vir selfstuurvoertuie, maar die maatskappy is vol vertroue BJEV se voertuie gaan werk op ons paaie.

BAIC se aanleg in die Coega SEZ, ’n nywerheidsbuurt buite Port Elizabeth, sal aan die einde van die tweede kwartaal vanjaar voltooi wees. Die aanleg sal aanvanklik voertuie met gewone binnebrandenjins vervaardig – om ’n voet in die deur te kry.

BAIC se Arcfox 7 (op die foto hierbo) is ’n volledig elektriese voertuig wat blykbaar binne 3 sekondes van 0 tot 100 km/h kan versnel. Dit is deur die Beiqi-ontwerpsentrum in Barcelona geskep en die bakwerk (van koolstofmateriaal) is gegrond op ’n Formule E-renmotor. 



Lees nog nuusbrokkies uit ons Mei-uitgawe hier.