Duan Myburgh het hom as vennoot by Piet aangesluit sodat hulle ’n gevestigde produksielyn op die been kan kry. As sake verloop soos beplan, word Compass se 62ste boswoonwa vroeg vandeesmaand afgelewer. Sedert die totstandkoming van die vennootskap probeer Piet-hulle om waens in groepe van agt te bou waarvan die vervaardigingsiklus drie maande duur.

Piet sê hy het aanvanklik weggespring met boswaens wat toegerus is met ’n daktent – waarvoor jy natuurlik ’n leer nodig het. Dit het vinnig ’n beslommernis geword, totdat Piet ’n boswa ontwerp het waarbinne jy kan slaap.

Later het hy ook vir van sy vriende waens gebou, en namate hulle lande soos Botswana besoek het, het hy saam met die raad van sy kampvriende die wa aangepas tot soos hy vandag lyk. In wese bestaan Piet se wa uit ’n bed wat oor die disselboom uitvou, en as jy ’n wa met twee beddens bestel, vou die tweede bed uit die regterpaneel.

Die deur sit op die agterhoek met die kombuisgedeelte links. Jy kan dus byvoorbeeld die kasuitlegte of kombuisgedeelte volgens jou behoeftes bestel – dít sonder dat die prys beïnvloed word.

Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
8îÜÓÿ
Compass Off Road Trailer

Die onderstel is van staal met ’n poeierverflaag, en die res van die wa – die panele en deure – van aluminium wat ook ’n poeierverflaag kry. Die standaardwa word toegerus met onder meer ’n 90 l-watertenk, ’n 3 kg- en 5 kg-gassilinder, ’n tweeplaatgasstoof, matras, ’n glyraam waarop die ys-vrieskas pas, ’n 270°-stoepdak, staanplek vir ’n kassettoilet, loodgieterswerk vir koue en warm water (binne én buite), ’n ruim neuskas en ’n noodwiel. Die wa is laer as 2 m, wat beteken hy pas in ’n standaardmotorhuis. Die opwipdak self lig 65 cm. Items vir die woonwa soos die ys-vrieskas, stort, battery, noodwielsak en seilsakkies vir die deur is opsioneel.

Die syfers: 4,69 (l) x 1,8 (b) x 1,95 m (h); tarragewig 860 kg; dravermoë 940 kg; BVM 1 800 kg; 2,5 t-koppelstuk; 1,6 t- geremde as en 16”-wiele.

Prys: R175 000 (dubbelbed); R185 000 (2 dubbelbeddens) 

Kontak:  072 421 6815;  compassoffroad.co.za;  info@compassoffroad.co.za

Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
Compass Off Road Trailer
8îÜÓÿ
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook