Die Knysna-Oesterfees
Die Knysna-Oesterfees

’n Mens is eers verras oor die merkwaardige wyse waarop die poskaartmooie Knysna uit die as opgestaan het ná die vernietigende veldbrande in 2017, maar dan onthou jy dat hierdie dorp eeue gelede tydens die hoogbloei van die bosboubedryf sy moue opgerol en die infrastruktuur met bloed, sweet en trane gebou het.

Hierdie mense kén van werk. Dis daardie houding van vasbyt en en deurdruk wat die dorp help om weer sy kop te lig en sy deure oop te maak vir besoekers. 

Niemand het ’n rede nodig om Knysna toe te kom nie, maar vanjaar se Oesterfees – die 36ste keer wat dit aangebied word – gaan die grootste tot dusver wees, en die program bied iets vir elkeen. 

Vanjaar se Oesterfees gaan die grootste tot dusver wees

Vir die sportiewes:

• As jy ’n drawwer is, het jy óf al die Knysna-bosmarathon gedoen óf dis op jou lys. Vanjaar is die registrasie op 28 Junie en die wedloop op 29 Junie. Die Houtkapper Trail Run (30 Junie) is ’n byeenkoms vir veldlopers en bied wedlope oor 9, 15 en 27 km aan. 

Die Knysna-Oesterfees
Die Knysna-Oesterfees

• Fietsryers het ook ’n rede om hul fietse op die dakrak te laai: Registrasie vir die Knysna-fietstoer is op 21 Junie, met die byeenkomste vir bergfietse wat op 22 Junie en padfietse wat op 23 Junie plaasvind.

Die Knysna-Oesterfees
Die Knysna-Oesterfees

Die kleiner outjies kan ook vanjaar kom saam trap. Die Spur Children’s Cycle Tour is op 23 Junie en maak voorsiening vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 10 jaar. Die afstande wissel tussen 400 meter en 2,5 km.

Die Mountain Bike Meander is ’n groot geleentheid op die bergfietskalender. Vanjaar is dit op 25 Junie. 

Die Knysna-Oesterfees
Die Knysna-Oesterfees

• Daar is ook ’n straatmyl op 25 Junie en vir die swemmers is daar die Lagune Mile-swem op 28 Junie.

• Lus vir ’n makliker draffie? Die IKASI Colour Fun Run is op 22 Junie by Loerie Park, en die ASWD-pretloop oor 5 km op 25 Junie by dieselfde wegspringplek. Veral eersgenoemde byeenkoms sit die prét terug in pretloop.

• Stappers kan 24, 26 en 28 Junie aanmeld vir die FNB Family Hike in Harkerville, met afstande van 2,5 km, 6 km en 10 km. Daar is ook die Woodcutters-stap, waar jy op 25 Junie saam met ’n toerspesialis ’n geskiedkundige natuurstap van 3 km in die Knysnabos kan aflê. Op 27 Junie kan fotograwe en stappers weer aanmeld vir die River Of Gold Forest Walk in Jubilee Creek. 

As bogenoemde lys aktiwiteite by jou die indruk skep dat die Oesterfees net ’n sportfees is, wag tot jy sien wat daar nóg op die kalender is. Hier is net ’n paar dinge wat ons oog gevang het.

• ’n Murder Mystery Dinner (28 Junie), ’n lekker aandete met ’n kinkel. 

The “not so” Secret Something – Adult Edition (23 Junie), ’n kabaret vir die volwassenes wat effens aan die stout kant is.

• Die Head Over Hills Wine Festival (24 tot 26 Junie) en die Knysna Wine Festival (28 & 29 Junie)

Die Knysna-Oesterfees
Die Knysna-Oesterfees
Die Knysna-Oesterfees
Die Knysna-Oesterfees

Liquid Sunsets by die Turbine-hotel (28 Junie), waar ’n musiekgroep vir die vermaak sorg terwyl jy ’n skemerkelkie drink.

Lees die volledige program hier

Terwyl jy nou daar is

The Heads
The Heads. Foto: Francois Haasbroek
The Heads
The Heads. Foto: Francois Haasbroek

Nie almal het die hele tyd feeskoors nie, en gelukkig het die Knysna-omgewing heelwat te doen as jy ook ’n bietjie wil uitry in jou motor. Ry die passe in die omgewing of verken die pragtige uitkykpunte.

• Die Sewepasseroete is die pragtige pad wat Knysna met George verbind. Dit is deels geteer en deels grondpad, maar jy het nie ’n gespierde 4x4 daarvoor nodig nie. Die roete is deur die bekende Thomas Bain en sy swaer, Adam de Smidt, gebou en loop oor 10 riviere.

Tot 1952 was hierdie die hoofroete wat die twee kroonjuwele van die Tuinroete verbind het. In die somer kan jy jou swembroek inpak, maar dis net die baie dapperes wat in Junie vir die bergpoele sal kans sien. 

• Ná 3,4 km op die pad na Brenton-on-Sea van die N2-afdraai, is Margaret se Uitkykpunt. Dit kyk uit oor Belvidere, die strandmeer en Knysna in die verte. Net 1,1 km verder is daar nog ’n uitkykpunt oor die kuslyn.

Margaret se Uitkykpunt
Margaret se Uitkykpunt. Foto: Francois Haasbroek

 • Van die land af kan jy The Heads op drie maniere verken. Parkeer jou voertuig by die East Head Café en volg die voetpad tot by die voet van die oostelike heuwel om te sien hoe onstuimig die waters deur die twee koppe kan word.

Bo-op die oostelike heuwel is ’n parkeerterrein met verskillende uitkykpunte van waar jy die dorp en The Heads kan sien.

• Soms hoef jy nie eens uit jou motor te klim om die wêreld te waardeer nie. Van die Diepwalle-bosboustasie af loop ’n agterpad terug dorp toe. Kom-se-pad draai af net noord van die King Edward VII-boom en kronkel vir 20 km deur die woud en oor die Kom-se-padpas tot by die Simola-gholflandgoed.

Kom-se-pad
Kom-se-pad. Foto: Francois Haasbroek

Hou halfpad by die Gouna-bosboustasie stil om bene te rek. Ná Simola is dit 2,5 km teerpad tot by die N2. 


Vir meer inligting oor die Knysna-fees, besoek 

www.knysnaoysterfestival.co.za