Maar, opskud – daar is nog net drie plekke beskikbaar.

As jy lus het vir ’n lekker uitdaging in Augustus en lief is vir avontuur, kom stap saam met Weg die Inka-roete na Machu Picchu in Peru. Machu Picchu is ’n antieke Inka-stad en een van die Sewe Nuwe Wonders van die Wêreld. Die Weg-groep stap die Steengroef- en Sonpoortroetes (Quarry and Sun Gate trails). Die toer vertrek op 16 Augustus. 

Dis waarna jy kan uitsien:

Dag 1 en 2

Die toer gebruik die eerste twee dae om jou te laat akklimatiseer in Peru. Cusco is op 3450 meter bo seespieël en jy gaan dit daardie eerste dag of wat aan jou lyf voel. 

Op dag 1 ontmoet jy in die namiddag jou Engelssprekende gids in jou hotel, en kan jy ook behoorlik bladskud met die res van jou Weg-stapmaats. Die namiddag neem een van die locals julle op ’n staptoer deur Cusco. Dit sluit van die belangrikste geboue, ’n plaaslike mark en ’n sjokolademuseum in waar jy die lekkerste warm sjokolade van jou hele lewe gaan drink. Jy slaap die aand in ’n hotel in Cusco.

Jy kan hiér staanInka
Verken die pragtige stad Cusco
inka
Die toerleier wys ons die plein
inka
Die San Pedro-onderdakmark
inka
Hier kan jy enigiets koop
inka
Die warm sjokolade is onvergeetlik

Die volgende dag begin jou reis wanneer die groep Cusco groet. Draai jou toerleier se arm om onderweg by ’n bekende alpakka-fabriek stil te hou sodat jy vir jou ’n alpakkatrui kan koop. Middagete is by ’n plaaslike gemeenskappie in die Heilige Vallei, waar jy antieke weeftegnieke kan sien en beleef hoe hedendaagse Peruane leef.

Laatmiddag kom jy in Ollantaytambo aan, ’n dorpie wat reeds bewoon was toe die Inkas in Peru aangeland het. Vanaand slaap jy op die drumpel van die Inka, met die Andes wat oor jou uittoring.    

inka
By 'n alpakkawolfabriek
inka
Die winkel strek oor drie vloere
inka
Kuier saam met 'n plaaslike gemeenskap
inka
Proe die locals se kos
inka
Hier kan jy handgemaakte produkte koop en kyk hoe hulle weef

Dag 3

Dis vroeg uit die vere, want vandag is jou eerste stapdag op die Inka. Op pad na die wegspringplek stop ons by Choquequilla, ’n seremoniële terrein waar die Inkas die maan aanbid het. Van hier af is dit net ’n hanetree na Rafq’a, die beginpunt van ons staptog. Hier ontmoet ons die perderuiters wat ons gaan vergesel. Ná sowat ’n uur se stap bereik ons die gemeenskap van Socma, en van daar af is dit nog sowat ’n uur se stap na die pragtige Perolniyoc-waterval.

Dis die perfekte plek vir foto’s en ’n eetdingetjie. Ons behoort ons kampplek teen middagete te bereik, waar ons vannag op 3700 meter bo seespieël gaan slaap. Na middagete kan ons die Q'orimarca-ruïnes besoek. 

Dag 4

Dis die moeilikste stapdag – vandag gaan jy sowat 12 uur lank op jou voete wees. In die eerste ure van die dag steek ons die Puccaqasa-piek (sowat 4370 meter bo seespieël) oor.

Van hier af is dit 30 minute na ons middageteplek. Ná ete wag daar nog ’n twee uur lange uitdaging op ons, ons moet die Kuychicassa-piek (4450 meter bo seespieël) oorsteek. 

inka
So lyk Ollantyambo
inka
'n Pragtige dorp

Van daar af lê daar nog twee uur oor na ’n terrein wat die Inkas Inti Punku (die Sonpoort) genoem het. Van hier af kan jy myle ver sien. Dan stap jy afdraand na die Kachiqata-steengroef en sien die werk wat die Inkas moes laat vaar weens die Spaanse verowering.

Teen die middag bereik ons die dorp Kachiqata – die einde van ’n uitdagende dag. Vanaand slaap jy egter weer in ’n regte bed, in ’n hotel in Ollantaytambo. 

inka
Stappers van oor die wêreld staan geduldig en wag by Inti Punku

Dag 5

Die oggend vroeg neem jy die plaaslike trein na die Km 104, die plek waar ons gaan wegtrek. By Km 104 moet jy jou paspoort toon. Daar wag ’n vol dag se stap tot by die terrein van Machu Picchu. Op pad soontoe besoek ons die Chachabamba-terrein (op 2150 meter bo seespieël). Van daar af is dit 8 km afdraand tot by die argeologiese terrein Wiñaywayna (2650 meter bo seespieël).

Dit is ’n indrukwekkende terrein met verskeie terrasse wat oor die Urubambariviervallei uitkyk. Ons besoek ook die Choquesuysuy-terrein aan die ander kant van die rivier, en ’n pragtige waterval ’n paar minute weg van Wiñaywayna af. Van hier af klim ons na Inti Punku, of die Sonpoort, van waar jy Machu Picchu kan sien. Dis nog net ’n lusmakertjie. Jy slaap vannag in Aguas Calientes, die dorpie aan die voet van Machu Picchu.

inka
Die Km104-wegspringplek
inka
Jy kan vandag hierlangs stap

Dag 6

Machu Picchu is nou net ’n kort busrit ver. Vandag gaan jy die indrukwekkende terrein sien wat Hiram Bingham in 1911 aan die wêreld bekendgestel het. ’n Plaaslike gids sal seker maak dat jy niks misloop nie. Ná ’n begeleide toer het jy nog sowat twee uur om Machu Picchu op eie stoom te verken. In die namiddag ry ons met ’n luukse trein na Ollantaytambo, van waar ons ’n bus na Cusco haal. 

inka
Foto: Gerda Engelbrecht
inka
Jy kan teen jou eie pas rondkyk.
inka
Dis 'n pragtige terrein
inka
Foto: Gerda Engelbrecht
inka
Foto: Gerda Engelbrecht
inka
Foto: Gerda Engelbrecht
inka
Foto: Gerda Engelbrecht

Dag 7

Ons groet mekaar ná ontbyt in ons hotel. 

KOSTE

Dit sluit in

• As jy die volle pakket neem, sluit dit vlugte na en van Cusco in (vertrek vanaf Kaapstad of Johannesburg)

• ’n Plaaslike Engelssprekende gids, ook op die Inka

• 6 ontbyte, 3 middagetes en 2 aandetes.

• Verblyf (5 nagte in hotelle, een nag in tente)

• Alle aktiwiteite hierbo genoem

• Vervoer na en van die lughawe

• Vervoer in lugverkoelde busse

• 24 uur-bystand Uitgesluit

• Visums (Suid-Afrikaners het nie visums nodig vir Peru nie, maar wel ’n geelkoorssertifikaat wat jy self minstens twee weke voor jou vertrek by ’n reiskliniek moet kry)

• Aktiwiteite, etes en dienste wat nie hierbo genoem word nie

• Vroeë of laat inteken in hotelle

• Fooitjies vir leiers, gidse en bestuurder

• Reisversekering

Wanneer?

Die toer-en-stap-gedeelte is van 16 tot 21 Augustus 2019. Jou vlugte kan gereël word na gelang van hoe lank jy voor die tyd in Cusco wil aankom, en hoe lank jy agterna wil bly.

Wat kos dit?

Pryse begin vanaf R15 635 (vlugte uitgesluit) en R36 000 (vlugte ingesluit). 

Waar bespreek jy?

weg@flightsite.co.za