Hi-Tec verduidelik wat die syfers op die winterbaadjies beteken, en hoe dit jou kan help om die regte baadjie vir die regte avontuur te kies.

Het jy al voor die winkelrak gestaan en gewik en weeg tussen verskillende winterbaadjies? Wat is beter: ’n soft shell of ’n pofbaadjie? Het jy regtig die drie-in-een-baadjies nodig? Hou daardie twee syfers in die nek en op die mou van die baadjie dop voordat jy die kredietkaart swaai. Ons het vir Hi-Tec gevra om te verduidelik wat die syfers beteken....

Inka
Die syfers is op die mou
Inka
Hierdie 'soft shell' se gradering is 8000 en 1000

Die eerste syfer

’n Waterdigte kledingstuk het twee syfers, sê Hi-Tec. Die eerste een meet hoe waterdig die buitenste laag is. Dit word in millimeter gemeet. Hierdie syfer is gewoonlik enigiets tussen 2000 en 8000 mm. Op hierdie Lady Nimba-baadjie van Hi-Tec sien jy die syfer 8000.

Dit beteken dat wanneer daar in toetsomstandighede ’n lang buis met water oor die baadjie geplaas word, kan jy die buis tot by 8 meter (8000 mm) met water vul voordat die materiaal water sal deurlaat. In teorie kan daar dus 8000 mm reën val voordat jy onder die baadjie nat sal word. 

Die tweede syfer

Hierdie is ’n aanduiding van die baadjie se vermoë om asem te haal. Dit word uitgedruk as gram (g), en verwys na hoeveel gram waterdamp in 24 uur per vierkante meter (m2) materiaal van binne na buite die baadjie kan ontsnap. Hoe hoër die syfer, hoe beter kan dit asemhaal. As ’n baadjie (soos die Lady Nimba) ’n asemhalingsyfer van 1000 het, beteken dit die baadjie sal 1000 gram waterdamp per 24 uur tydperk van binne na buite deur die materiaal vrylaat. 

Inka
Die Hi-Tec Orion is 'n goeie kombinasiebaadjie
Inka
Die baadjie het 'n hoë gradering vir waterdigtheid
Inka
Die kappie vou weg in die nek

Die regte baadjie vir die regte weer

As jy iets soek wat jy kan dra terwyl jy Klein Piet se rugbywedstryd ondersteun, sal ’n waterdigtheidsgradering van 2000 tot 5000 mm voldoende wees. As jy in die berge gaan loop, mik vir ’n waterdigtheidsgradering van 5000 tot 8000 mm. As jy die baadjie in die dorp of langs die sportveld gaan dra, is sy vermoë om asem te haal nie so belangrik nie. Stappers moet egter ’n baadjie hê wat goed kan asemhaal. 

Die buitenste dop van die drie-in-een-baadjies, soos die Lady Orion haal nie briljant asem nie, maar as jy dit saam met sy binneste poolvlieslaag dra, haal dit goed asem. Die kombinasiebaadjie is waardevol vir stappers omdat jy saans die poolvliesbaadjie kan losrits en nét dit om die kampvuur dra. En as jy net iets ligs soek om jou teen reën te beskerm, kan jy die buitenste laag apart gebruik.

Vir meer inligting, besoek Hi-Tec se webwerf:

www.hi-tec.co.za