Die jaar se goeie reën in veral die Wes-Kaap belowe ’n skouspel. Marné Lloyd het dié foto’s met ons gedeel, wat sy hierdie week in die Sederberg-omgewing geneem het.
Sy skryf: “Ons was deur die Pakhuispas en oor Brand-se-berg op pad Vanrhynsdorp toe. Die magrietjies en suurings staan die wêreld vol met die mooiste blommetjies wat oral op die roete pronk.
Dis baie belangrik om soms net uit die kar te klim en rond te loop, want baie keer kom die fynste en kleinste blommetjie nie in plate voor nie. Die Sederberge, Clanwilliam en selfs die roete na Lambertsbaai is fraai van die blomme wat liggies in die wind vir die blommekykers waai.”
Dié kiekies is 30 Julie net buite Clanwilliam naby die Ysterfontein-gasteplaas en die Genis-familieplaas geneem:
Marné bied ook toere aan in die gebied.
Kontak: marne@namakwatoere.com. Lees meer hier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET