Die 100 top-foto’s en algehele wenner is reeds einde laasjaar aangekondig (en ons kan die wenner maar weer gelukwens: die Suid-Afrikaner Brent Stirton!). Indien jy die bohaai oor die foto’s heeltemal misgeloop het, kyk weer hier na die wenfoto’s. 

Die publiek kon egter onlangs stem vir hulle gunstelingfoto’s wat nié die 100 topfoto’s gehaal het nie. Amper 20 000 mense het vir die Natuurfotograaf van die Jaar-kompetisie se People’s Choice-toekenning gestem: Hier’s die wenfoto deur die Kanadese fotograaf Jo-Anne McArthur, getiteld ‘Pikin and Appolinaire’.

Die foto word ook tot einde Mei in die Natural History Museum, Londen uitgestal.

“Pikin and Appolinaire”: Jo-Anne McArthur, Kanada/Natuurfotograaf van die Jaar-kompetisie. People’s Choice-toekenning: Wenner.

Dié gorilla, Pikin, is deur Ape Action Africa gered voor sy vir haar vleis verkoop kon word. Jo-Anne het die foto in Kameroen geneem toe Pikin op pad was na haar nuwe blyplek. Sy sit veilig in die arms van haar oppasser, Appolinaire Ndohoudou. 

’n Burgeroorlog in sy tuisland, Tsjad, het Appolinaire gedwing om dié land te verlaat. Hy werk nou met wilde diere as deel van die proses om sy lewe te herbou, en is veral lief vir die gorillas wat hy help grootmaak.  

“Ek is so dankbaar dat die foto aanklank vind by mense, en ek hoop dit inspireer ons om ’n bietjie meer om te gee vir diere,” sê Jo-Anne. “Enige deernis wat ons aan diere wys maak ’n verskil – dit maak nie saak hoe gering dit vir ons voel nie."

Die volgende vier foto’s was almal finaliste:

“Sloth hanging out”: Luciano Candisani, Brasilië/Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Finalis.
“Elegant mother and calf”: Ray Chin, Taiwan/Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Finalis.
“Roller rider”: Lakshitha Karunarathna, Sri Lanka/Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Finalis.
“Warm embrace”: Debra Garside, Kanada/Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Finalis.

Hier’s nog foto’s wat die kortlys van die People’s Choice-toekenning gehaal het:

“Hammerhead”: Adriana Basques, Brasilië/VSA. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Kick back and chill”: Alan Chung, VSA. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“The nightcap”: Charl Senekal, Suid-Afrika. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Grooming the descendant”: Claudio Contreras Koob, Mexiko. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Shaking off”: Connor Stefanison, Kanada. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Neck and neck”: David Lloyd, Nieu-Seeland/VK. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Beauty and the beast”: Eva Haußner. Duitsland. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Holding on”: Jami Tarris, VK. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“What are you looking at?”: Jan Kolbe, Suid-Afrika. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Cleaning session”: Jordi Chias Pujol, Spanje. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Land of snow and ice”: Josh Anon, VSA. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Pool party”: Luke Massey, VK. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“The brothers”: Marco Urso, Italië. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Leopard gaze”: Martin van Lokven, Nederland. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Warning wings”: Mike Harterink, Nederland. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Bloody ivory”: Peter Chadwick, Suid-Afrika. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Settled in”: Ryan Miller, VSA. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Reach for the sky”: Steve Blandin, VSA. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.
“Dark side of the plains”: Uri Golman, Denemarke. Natuurfotograaf van die Jaar. People’s Choice-toekenning: Kortlys.