HENRIETTE LIEBENBERG van Hermanus het in Weg #141 (Julie 2016) geskryf hoe hulle in die Kgalagadi-oorgrenspark suid van die Mata-Mata-ruskamp ’n luiperd teëgekom het wat ‘’n vaalboskat gevang het. Sy skryf dat die luiperd blitsvinnig was, en dat die vaalboskat nie ’n kans gestaan het nie.

Die dierekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis nie ongewoon dat roofdiere ander roofdiere of hulle kleintjies vreet nie, veral in die Kalahari waar die prooidigtheid laer is as byvoorbeeld in die Krugerwildtuin. Die luiperd beskou nie die vaalboskat as ‘n mede-roofdier nie, maar as ’n moontlike maaltyd.