In 2018 is 'n rekord opgestel vir die meeste nuwe woonwa-modelle, en in 2019 het die meeste vervaardigers by enige woonwaskou in Afrika hier vergader! Wat gaan 2020 bring?

Ry & Sleep is ook weer daar. Kom ontmoet die span, sien al die oulike goed wat ons verkoop en maak gebruik van ons spesiale intekenaanbiedinge.

Woonwaskou
Woonwaskou

Waar? Gallagher-konferensiesentrum, Midrand, Johannesburg.

Wanneer? 21-23 Februarie 2020. prys R120 p.p. (R60 vir pensioentrekkers en kinders; gratis vir o.12’s). Parkering kos R20.

Kaartjies by die ingang of webtickets.co.za

Lees meer: caravanshow.co.za