Danksy ons land se staproetes, wye strande en dramatiese natuurtonele is dit ’n “droombestemming”.

Maar dit weet ons reeds, of hoe? Australië is in die eerste plek, gevolg deur Hongkong, Kanada en Indonesië.

Hier’s die top- plaaslike plekke en dinge wat Suid-Afrika gehelp het om toerisme-swaargewigte soos Italië, Frankryk en Thailand te klop:

1. Bloubergstrand, Kaapstad

2. Sabi Sand- private wildreservaat, Mpumalanga

3. Jakarandabome in Pretoria

4. Die Mandela Capture Site, KwaZulu-Natalse Middelland

5. Die Orlando-torings, Soweto

Foto: Shelley Christians
Foto: Sam Reinders
Foto: Bruce Arnott
Foto: Shelley Christians

Indien jy jou al by enige van hierdie plekke afgeneem het, is jy trending! Bekyk die volledige lys van die beste Instagram-bestemmings by bigseventravel.com.