Die nuwe tariewe geld by alle vennote van die Wild Card-program: Sanparke, Kaapse Natuurbewaring, Msinsi, Ezemvelo KZN Wildlife en Swaziland se Big Game Parks.

Met ’n Wild Card kry jy ’n jaar lank gratis toegang tot alle Sanparke en die parke en reservate van die ander vennote – altesame meer as 80 parke en reservate. Jy betaal dus nie die daaglikse bewaringstarief nie. 

Vanaf 1 November styg jaarlikse lidmaatskap as volg:

Individuele kaart: R640 p.p. (voorheen R570)

Paartjiekaart: R1 055 (voorheen R940). ’n Paartjiekaart is geldig vir twee volwassenes; of een volwassene en een kind.

Gesinskaart: R1 290 (voorheen R1 195) – ’n gesinskaart is geldig vir twee volwassenes en vyf of minder kinders, of een volwassene en ses of minder kinders. 

Die kaart is vir ’n jaar geldig, en die nuwe tariewe geld tot einde Oktober 2019. 

Die tariewe vir die Wild Card word, nes die daagliks bewaringstariewe, jaarliks aangepas. 

“Wild Card-lidmaatskap is steeds die mees bekostigbare manier manier om die nasionale parke en reservate in Suid-Afrika en Swaziland te verken,” sê Hein Grobler, Sanparke se Wild Card-programbestuurder. 

Nog inligting: www.wildcard.co.za