MARCELLE VAN NIEKERK

Down Under deur Bill Bryson

“Sy reisboeke sorg vir menige oomblik waar mense jou snaakse kyke gee omdat jy op jou eie sit en hardop lag. Dis boonop vol interessante feite oor die plekke wat hy besoek. Dié een oor Australië is een van my gunstelinge –’n mens kan dit altyd nog ’n keer lees.”


SUZAAN HALL

The Alice Network deur Kate Quinn

“Ek hou baie van geskiedkundige romans, en dié spioenstorie uit die Tweede Wêreldoorlog is net reg vir la-a-ang leessessies dié vakansie.”


ESMA MARNEWICK

Travels in Siberia deur Ian Frazier

“Terwyl die sweet my aftap op die stoep van die strandhuis gaan ek lees oor hoe die skrywer met ’n trein en ’n tweedehandse afleweringswa deur die ysige Siberiese woestyn reis. Só bly my denke ten minste koel!”


SOPHIA VAN TAAK

The Genius of Birds deur Jennifer Ackerman

“Hierdie boek is nie iets wat ek stuk-stuk wil lees nie, maar eerder my tande insink. Ek sien uit daarna om my te verdiep in die nuutste navorsing oor hoe intelligent voëls eintlik is. Ek geniet boeke wat my opnuut laat besef ons is nie kaas nie – die wêreld is ’n soveel ryker plek danksy sy ander inwoners.”


PIERRE STEYN

Jan Smuts: Unafraid of Greatness deur Richard Steyn

“Smuts is ’n reus in die Suid-Afrikaanse geskiedenis – ’n regsman, kryger, staatsman, botanis, en filosoof wat sy invloed in die eerste helfte van die 20ste eeu op die wêreldverhoog behoorlik laat geld het. Maar hy was vol teenstrydighede. So bemind soos hy oorsee was, so gehaat was hy by die huis. Hoekom?”


VANIA JOOSTE

The Good Daughter deur Karin Slaughter

“Dis die jongste boek van hierdie Amerikaanse misdaadskrywer. Hoekom sielkundige rillers my laat ontspan, weet nugter alleen.”


ERNS GRUNDLING

Die wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden

“Ek sien uit na sy nuutste roman, veral omdat hy vir my en Toast daarvan vertel het terwyl ons besig was met Weg Agterpaaie Karoo. Hy’s ’n meesterlike storieverteller.”