In September kry jy nou ook ’n sewende wyn om te proe, met ’n koeksister of koesister (jy kan kies) as pasmaat. Dit klink na ’n maklike manier om jou Suid-Afrikaanse erfenis te vier!

Wanneer? Die Erfenismaand-proekombinasie is heelmaand beskikbaar.

Waar? Stellenbosch Hills-kelder, hoek van die R310 en Vlottenburgpad, naby Stellenbosch

Oop Maandag-Vrydag 9 vm.-5 nm.; Saterdag 10 vm.-3 nm.

Koste R75 vir sewe wyne, elk met ’n ander pasmaat – onder meer springbokbiltong, volstruisdroëwors en koedoedroëwors.

Bespreek vooraf by 021 991 2828 of info@stellenbosch-hills.co.za

Nog inligting stellenbosch-hills.co.za


Cyber Cellar
Nóg iets vir wynliefhebbers

Kry 6 wyne vir R650!

Sluit aan by die Cybercellar Wine Club. Aflewering is gratis!

Lees meer:

www,cybercellar.com

Lees meer oor die aanbod hier.