Die huis trek dadelik jou aandag wanneer jy in Primrosestraat ry.

As jy jou weer kom kry, stap jy in by die hekkie. En op ’n koue oggend is dié stoep net die plek om met ’n warm ontbytbord in die son te sit en ontdooi ná ’n ysige Karoonag.

Die spyskaart het ’n groot verskeidenheid opsies vir elke graad van hongerte, of jy net lus is vir ’n sny koek of jy wil kom aansit vir ’n ordentlike bord kos vir aandete.

Die spyskaart het ’n groot verskeidenheid opsies vir elke graad van hongerte

Ontbyt word heeldag bedien en hier’s omelette, ligte etes soos sop en melkkos, gevulde pannekoeke (soet en sout!), pizzas, sosaties en ’n afdeling genaamd “Knus Kos” waar jy tradisionele geregte soos bees- of lamstert, lamskerrie, bobotie en varkrib kan bestel. Hier is ook nageregte (wanneer laas het jy ’n Coke float gedrink?) vir alle suikertande.

Jannie is ook ’n bobaas-bakker; dus is hier altyd ’n vars koek (van sjokolade- en wortelkoek tot ’n grenadellakoek). En jy kan ’n varsgebakte brood of ’n verjaardagkoek bestel.

Niks op die spyskaart laat jou beursie snik nie. ’n Gewone ontbyt met spek, eier, tamatie en roosterbrood en ’n koffie kos net R42,50!

Die grootste borde – die Knus Kosse – is almal sowat R130. Slaap oor As jy só lekker geëet het dat jy nie meer kan beweeg nie, slaap oor in een van die vyf dubbelkamers (ontbyt ingesluit) – vanaf R450 p.p.p.n.

Waar? Op die hoek van Primrose- en Van der Merwe- straat in Sutherland. Oop Daagliks van 8 vm. tot laat.

Kontak: 023 571 1028; thebluemoon.co.za