As jy nie graag herwinningsgereedskap of visvangtoerusting onder jou Toyota Fortuner se sitplekke wil bêre nie, maar ook nie kans sien vir ’n gereedskapkis wat in die bagasieruim omval en rondrol nie, is daar nou ’n slim oplossing:

Die BOOXE BootBox is ’n gereedskapkis wat in die voetholte van die derde ry sitplekke van ’n Fortuner – oud én nuut – pas. Die kis se deksel is gelyk met die vloer sodat jy steeds die hele bagasieruim kan benut. BOOXE het ook ’n BootMat-rubbervloermat wat die gereedskapkis wegsteek sodat jy selfs waardevolle artikels daarin kan bêre.

Kontak  066 1762 522  info@booxe.co.za; booxe.co.za

Prys R1 495 vir die BootBox en R995 vir die BootMat (R2 395 vir albei).


Lees nog nuusbrokkies uit ons Januarie-uitgawe hier.