Johan Snyman van Windhoek het ’n road trip van meer as 1 000 km aangepak om dié blomme die afgelope naweek (8 en 9 Augustus) af te neem. Hy het die pad gevat nadat die Namibiese koerant Die Republikein verlede Woensdag berig het oor veldblomme naby die Klein-Aus Vista Lodge.

Republikein
Só het Die Republikein se voorblad op Woensdag 5 Augustus gelyk.
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman

Johan vertel:

“Ek, my vrou, Esmia, en ons twee worshondkinders, Buksie en Bella, het Vrydag ná werk van Windhoek na Keetmanshoop gery waar ons die aand geslaap het.

Saterdagoggend het ons deurgery na Klein-Aus Vista, waar ons die aand oorgestaan het en Sondag  oor Helmeringhausen en Maltahöhe huis toe gery. Gelukkig skrik ons nie vir ry nie, want dit was 1 416 km uit en tuis!

"Hoewel dele van Namibië hierdie jaar goeie reën ontvang het, is daar dele wat geen reën gekry het nie en steeds onder erge droogte gebuk gaan. Toe ons Saterdag van Keetmans af na Aus gery het, was daar net ’n bietjie geel gras in die veld te sien en dit was net rondom Klein-Aus waar blomme te sien was.

Sondag was die veld weer droog toe ons op die C13 na Helmeringhausen geklim het. Die blomme is dus nie ’n jaarlikse gebeurtenis nie, maar eerder ’n natuurwonder – soortgelyk aan die lelies by Leliepan naby Maltahöhe. In hierdie dor wêreld is dit baie spesiaal!”

Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman
Foto: Johan Snyman

Het jy mooi blomfoto's?
Deel dit met ons! Stuur dit na digitaal@weg.co.za of gebruik die hutsmerk #menseselense op Instagram, en ons deel dit dalk op ons blad @menseselense.