Die leser William Raats van Stellenbosch het Maandag 6 April hierdie reeks foto’s vasgevang. 

Hy vertel:

Ons het op Maandag 6 April om 11:45 vm. ’n wonderbaarlike vertoning van ’n gevlekte ooruil geniet. Elke keer wanneer die reën val, ‘bad’ die uil: Hy hou sy vlerke in die lug en skud hulle terwyl hy rondstap met gespreide vlerke bo-op die motorskadunet. 

Die inwonende eekhorinkies en groep tarentale het waarskuwingsroepe gegee en later rustig geraak (seker besef die uil wil net bad en is nie honger nie). 

Foto: William Raats
Foto: William Raats
Foto: William Raats
Foto: William Raats
Foto: William Raats
Foto: William Raats
Foto: William Raats
Foto: William Raats

Ek is net ’n beginner wat foto’s neem. Die meeste van die foto’s is deur die glasvenster van die kombuisdeur geneem. 

Kamerabesonderhede: Nikon D810; Nikor 18-300 mm-lens, f5.6; 1/400ste van ’n sekonde; ISO 500.

Foto: William Raats
Foto: William Raats