Jy kan nou ons aanlyn-fotokursus as geskenk gee! Koop vir jou vriend of familielid ’n geskenkbewys, en hulle kry gratis lewenslange toegang. Hulle kan teen hulle eie pas deur die kursus werk, mits hulle ’n rekenaar en internettoegang het.

KOOP DIE GESKENKBEWYS HIER

Meer oor die kursus

Weg bied al ’n paar jaar lank fotografieslypskole reg oor die land aan, waar lesers by een van ons kenners leer hoe om hulle eie kameras beter te verstaan en beter foto’s te neem.

Met dié aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe nog makliker maak om beter foto’s te leer neem. Nou hoef jy nêrens heen te reis nie, jy kan die lesse in jou eie huis (en teen jou eie pas!) onder die knie kry én dis heelwat goedkoper as om ’n slypskool by te woon.

Met dié aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe nog makliker maak om beter foto’s te leer neem.

As jy ’n DSLR-kamera het en steeds huiwerig is om sonder die “Auto”- of “Program”-modus foto’s te neem, is dié kursus vir jou. Komaan, rus jou toe met die kennis van ons kennerspan en kry groter selfvertroue as fotograaf.

Hoe werk dit?

Sodra jy die kursus as ’n geskenk koop (en bewys van betaling aan ons stuur), stuur ons vir jou vriend of geliefde die geskenkbewys via e-pos. Hulle kry ’n kode waarmee hull gratis kan inskryf en lewenslange toegang kry.

Kursuslede loop nie klas nie; alles gebeur aanlyn, en hulle het dus net ’n rekenaar en internettoegang nodig. Die lesinhoud is reeds opgelaai en hulle kan teen hulle eie pas daardeur werk – selfs met ’n koppie koffie, en in pajamas in die bed! 

Die kursus is in 6 modules verdeel. Klik hier om die kursus-oorsig te sien.

Wat kos dit?

R950. Dié eenmalige bedrag gee lewenslank toegang tot die kursusmateriaal. Jy kan met ’n kredietkaart betaal of ’n elektroniese oorbetaling doen.

Loer gerus hier vir nog antwoorde op Algemene vrae oor die fotokursus.

Foto: Toast Coetzer