Nou het die eienaars die tent ’n ent verder geneem met die Libra-model: ’n tentvertrek kom aan die voorkant van die bestaande tent vas – hulle praat van ’n “kinderkamer”.

Die drie kombuislaaie wat voorheen uit die neuskas getrek het, kry nou ’n ekstra laai waarin al jou eetgerei en speserybottels pas. Die geiser wat in die voorste kas aan die regterkant van die wa ingebou was, pas nou op ’n raam wat uitgly, en ’n katrolstelsel staan op die disselboom sodat jy die tent alleen kan op- en afslaan.

BVM: 1 500 kg

Prys: Vanaf R152 000

Kontak:  012 770 3633;  gtoffroadtrailers.co.za;  sales@gtoffroadtrailers.co.za 

GT Camper
GT Camper