Dié bakkie sal die dubbelkajuit met die 2,4 l-petrolenjin en die 2,5 l-4x4-enkelkajuit vervang as die topmodel in die Hardbody-reeks.

Dié nuwe Hardbody kry standaardtoerusting soos breër modderskerms, 16”-allooiwielvellings, versterkte staalhake in ’n 1 425 mm lange laairuim.

Die Hardbody het ook lugreëling, elektriese ruite, ’n afstandbeheerbare sluitstelsel en twee lugsakke. Onderlangs kry hy ’n beperkte glipewenaar wat saam met die standaardviertrekstelsel werk.

Die model op die foto is verder toegerus met Nissan se Rogue-pakket wat verskeie kosmetiese bykomstighede insluit soos plakkers, swart allooiwielvellings, leersitplekke, luukse vloermatjies en ’n klankstelsel met Bluetooth- verbinding en satellietnavigasie. 


Lees nog nuusbrokkies uit ons Julie-uitgawe hier.